top of page

Bedienning

Jong Dissipels

In ons gemeente is kinders baie belangrik want hulle is vir God baie belangrik (Mark 10:16; Mat. 18:3; Mark. 9:42).

In ons gemeente word kinders nie gesien as die toekoms van die kerk nie; hulle is ons broers en susters in die geloof en daarom wil ons met hulle wat deel is van God se huisgesin moeite doen en laat deel wees van God se huisgesin.

Die gesegde: “kinders word gesien maar nie gehoor” geld nie by ons. Kinders word by ons gesien en gehoor en het ‘n deelnemende stem as deel van die huisgesin.

Josua bediening
(Jong werkende jeug)

Josua bediening gaan oor naskoolse bediening, wat die insluit wat klaar is met skool en studeer, of dalk of reeds werk en nie getroud is nie en ‘n hart het vir God en Sy Evangelie. 
Hierdie bediening is geskoei op Josua 1:9 en Josua 24:22. Hierdie is ‘n omgeebediening wat deur sel (saamreis in geloof en stil word voor die Here) groei na uitreik en aanraking van ander.

images (6).jpg
Goue Jare

Hierdie bediening is geskoei op liefde en omgee soos

Mat. 25:34-46 dit beskryf.
- Ouetehuis besoeke (Huis Louis Trichard, Huis Judy, Huis Hanna)
- Tuisbesoeke van Bejaardes
- Versorging in nood (bv. na hospitalisasie besoek en gaar voedsel te voorsien)
- Van toeka tot nou oggende  - getrakteer met ‘n heerlike ontbyt en goeie musiek
 - Wegbreek week 

Vroue van die Woord
(Sarah in aksie)

Vroue van God in aksie.
Jesaja 66:12-14; 1 Petrus 3:1-7; Josua 24:21-27; Matteus 16:24; Lukas 10:38-42 asook Jesaja 49:15-16
Betekenis in naam: Toonbeeld van moederlike krag, instink en vooruitgaan; deursettingsvermoë en inbors; volhardend en uitvoerend; skoon van binne en buite – opreg, glimlaggend, dienend.  
Die bediening het ten doel om op gereelde basis bymekaar te kom en saam tot Vader te bid en saam stil te word en te groei in hulle verhouding met God ons Here.

51396-bible-study-1200.1200w.tn.jpg
image1 (6).jpeg
Wyksapostels - (Kerkraad)

Hierdie gaan oor die geestelike welstand van gesinne wat terugwys na die ou struktuur van ouderlingskap, maar met ‘n “twist”. Hierdie bediening is soos die ander bedienings, ‘n omgee bediening. Die individu neem hier die vorm van apostelskap aan.
‘n Diensorgaan bestaan uit 5 gesinne per wyk wat aan ‘n gesin in daardie wyk toegedeel word. Hierdie bediening moedig die huisgesin aan om deelnemend effektief diensbaar te wees as dissipels en apostels van die Here en as huisgesin van God.
Hierdie bediening vra vir geestelike sorg en omsigtigheid nasorg. Die diensorgaan wil in liefde begelei en ondersteun. 
Die diensorgaan wil die emosionele sowel as die fisiese hanteer waar daar die behoefte is. (Emosioneel: deur te luister, hoor, en empaties saam te voel; Fisies: te ondersteun en waar nodig aan basiese behoeftes soos voorbereide etes, en ander middele wat benodig word tot hulle weer hulleself kan versorg). 
Die primêre doel van die diensorgaan is om; mee te reis totdat die geaffekteerde gesinslede vir hulle self weer kan sorg. 
Die been word ondersteun deur die siensorgane beskikbaar in die gemeente asook wat professioneel benodig word.

Manne van die Woord
(Gideon bediening)

Manne van God in aksie.
Rigters 15:15; Matteus 12:4; Handelinge 5:32; Romeine 11:16-19 Josua 24:21-27; Rigters 7:5 asook Matteus 16:24; Johannes 21:15-17
Hierdie bediening gaan oor gewillige manne wat ‘n brandende begeerte het om deur Vader gelei te word, in verhouding met Hom wil staan, Hom bo alles liefhet (Deuteronomium 8:3-18).

images (2).jpg
images (1).jpg
Die Koffiehuis:
(Diensgroep vir chemies-afhanklikes)

Hierdie diensgroep is nuut en in wording en het ten doel om gesinne wat gebuk gaan onder chemiese turbulensie by te staan. Hierdie bediening gaan om sowel die afhanklike en die geaffekteerde gesin by te staan. 
Die basis van die bediening maak gebruik van program van Narkotika Anoniem – ‘n niewinsgewende organisasie, wie mans en vrouens wil help wat ‘n ernstige probleem het met chemiese middels asook met ander verslawings probleme. NA maak gebruik van ‘n twaalfstap program wat onder eie verantwoordelikheid en keuse bygehou moet word. Dit is gratis en geen kontraktuele verpligtinge. Die program laat jou toe om self verantwoordelikheid te neem vir jou lewe.
Hierdie program stal individue in staat om deur mense gelei en ge-mentor te word wat self verstaan.

Verwelkomings-span

Verwelkomings-span  
Hierdie is ‘n span individue wat nuwe lidmate en besoekers identifiseer met die doel om hulle welkom te heet en te voorsien met die nodige gemeente inligting vir inskakeling (Heb. 13:2). 

images (4).jpg
download (7).jpg
Elia bediening
(Hartklop vir Armoede)

So sê die Here die God van Israel: “Die meel in die kruik sal nie opraak nie, en die olie in die kan sal nie minder word nie, totdat die Here laat reën het op die land.” (1 Konings 17:13-17)
Ons lewe in die voorsienigheid van God en Sy hulp. Vanuit Sy genade probeer ons doen wat Hy van ons vra. Sorg. Hierdie bediening gaan oor meer as net kos voorsien. Ons probeer ook aan die geestelike boehoedtes voorsien.
Tans bedien ons deur die Hartklop vir Armoede Projek om en by 600 persone, in die gemeenskap en gemeente waar ons woonagtig is. Die projek is betrokke by kindersorg, gesinsorg, bejaardesorg, voedselskemas, berading, mediese sorg, geestelike versorging en so meer.  
Die Hartklop vir Armoedespan glo dat om iemand iets in die hand te gee, slegs tydelike vertroosting bring. Daarom probeer ons sover dit moontlik is by mense aan huis te kom, om sodoende kerk te wees in mense se omstandighede. Ons doel is om elkeen menswaardig te hanteer en te respekteer, deur liefde te betoon (al het ons soms ook niks in ons hande om te gee nie – Hand. 3:1-6). 
Ons betrokkenheid as huisgesin van Vader word bepaal deur Jesus ons Here, God ons Vader onder die leiding van God se Gees. 
Diensorgane: Huis Hanna; Huis Louise Trichard; Huis Judy; Huis Grace Land; Uncle Ben’s; Huis Amadea; DPS Huis Ninapark; Rata Ondersteuningsraad; Laerskool Vissershoek Koskombuis; Kinderterapie; Studiebeurse; Pastoraat, Diakonie; hulp vir Chemies afhanklikes.

bottom of page