top of page

Lidmaatskap

Wanneer u aan u lidmaatskap dink, is u as kind van God bereid:

  • om ‘n deelnemende en dienende lidmaat te wees - werksaam in die liggaam van Christus

  • om bewus te raak dat u ‘n noodsaaklike deel uitmaak van God se liggaam

  • om aktief deel te bly tot die dag wat u hier sterf - selfs al kan u nie meer loop of iets vir uself doen nie

  • om u geloof in God met erns te neem en u verhouding met Hom biddend te laat versterk(dat u alles wat u sê of doen grond op God se Woord en Sy roeping vir u en u liefde vir Hom)

  • om te besef dat kerklidmaatskap, deelname beteken, en dat u deelname diensbaarheid bevorder – u is die hand, voet, oor, oog of neus wat Jesus van praat

  • om te besef u behoort nie aan ‘n kerk nie, maar aan God (ons is nie lidmate nie, maar ledemate van God se kerk - 1 Kor. 12:27

  • om as lidmaat u in te skerp in God se Woord, te streef daarna om tot seën te wees vir ander en God deur God eerste te  stel in jou lewe

Gemeente Visie en Missie:

Ek, my gesing en God... as huisgesin van God... dissipels van die Here

Gemeente Wapen

Wanneer u na die twee illustrasies bo kyk, hoe sou u die prente kon verduidelik in betekenis:

Gemneete Missie en Visie: ........................................................................................................................................................................................................................................................................................................................

Gemeentewapen: ........................................................................................................................................................................................................................................................................................................................

Verklaar:

Ek is bereid om deur my liefde vir God, tot seën te wees, deur Christus wat my krag gee en vanuit my lewende opregte verhouding met God. Ek wil soos Jesus my Here ‘n stroom lewende water wees, ‘n boodskap van hoop, wat in en deur Jesus ons Here, genesing bring in die krake van die lewe, daar waar Hy my bruikbaar vind want ek kan nie meer anders weens die vuur in my

(Jer. 20:9).

Ek wil die evangelie nie net hoor nie, ek wil die evangelie leef (Mark. 6:7-12). Ek wil nie net my geloof bely nie maar my liefde vir God dienend uitleef (Hand. 7:1-7). Ek wil ‘n betrokke deelnemende lidmaat wees – deel van die liggaam van Christus – dienend, opreg, meelewend, as getuie en lid van God se huisgesin.  Ek is bereid.

Gemeente Struktuur
bottom of page