top of page

Ons gemeente

By ons is niemand te oud of te jonk, te arm of te swak of te vol sonde nie. By ons is almal God se kinders en in Sy huis is almal welkom, spesiaal en het almal potensiaal (Rom. 8:9 en 10 asook 13 en 14 en 2 Kor.6:18; 2 Sam.7:8).

Die belangrikste vraag wat jy in ons gemeente gaan moet antwoord is – God het jou geroep, is jy bereid om ‘n lidmaat van God se kerk te word? Die hoe, waar en wat sal ingekleur word na die behoefte wat God in jou hart lê, en waar Hy jou wil gebruik binne jou tyd en vermoë. Bereidheid getuig van ‘n opregte hart voor God (Joh. 13:15-17).

Baie welkom by ons gemeente. Mag u vir u hier by ons ‘n tuiste vind as lid van God se huisgesin. Mag u saam met ons in geloof groei, asook in u verhouding met God. Ons gebed is dat u onder leiding van God se Gees nader aan Hom sal beweeg en Hom van harte sal liefkry (Joh. 14:1-6 en 18-21).

Gemeente Hartebeeshoek is klein, ons is nie groot nie. Ons moet hard werk om te oorleef finansieel. Ons is nie ‘n glans gemeente. Ons is plat op die aarde. Opreg, eerlik in wat ons doen en vol liefde vir die Here. Voordat ons van voor af moes begin het in 2009, het ons ons heel eerste vir die Here gegee (2 Kor.4:1-5).

Ons hartklop is gebou op die gedagte van God se Woord en veral Rom.11:16-18: “As die eerste stuk deeg aan God gewy is, dan is ook die res van die deeg aan Hom gewy. En as die wortel van die boom aan God gewy is, dan is ook die takke aan Hom gewy. Party van die takke is uitgekap en jy, ’n wilde olyf, is tussen die ander takke op die mak olyf geënt. So het jy deel gekry aan die lewensap van die mak olyf se wortel. Moet jou dan nie bo die ander takke verhef nie! Moet jou ook nie verbeel jy is iets nie: dit is nie jy wat die wortel dra nie, die wortel dra jou.

Wat ons is, is ons deur die genade van ons Here. Dit is Hy wat ons krag gee as gekraakte kleipotte (2 Kor.4:7). Ons is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee (Fil. 4:13)

predikant
Picture4.jpg
Cobus J v Niewenhuizen

Predikant

gemeente blaadjie
bottom of page