EEN GROOT FAMILIE
Welkom by die Gemeente Hartebeeshoek –
‘n Gemeente wat God se hart, Sy wil en Sy liefde eerste stel.
Ons wil Hom in wese leer ken, lief kry en Hom alleen dien
(2 Pet. 1:3-9) – ‘n lig vir Hom wees, ‘n stad op ‘n hoë berg (Jes. 61:10 en 11).
As liggaam van Christus gaan kerk vir ons oor ‘n saak van geloof, opregtheid en liefde vir God.
Diensbaarheid vir ons is daarom ‘n hartsaak en getuig van ‘n persoonlike verhouding met God.
Ons wil aanraak en mededeelsaam wees vanuit ons liefde vir God – dit is waar die hartklop van ons gemeente begin; by ons liefde vir God.
BEGIN JOU DAG SAAM MET GOD - STILTETYD
STILTETYD
Ek kan nie anders as om vanoggend te begin by Rom.11:16-19 wanneer ek Openbaring 3:11 lees.
Dit is die wortel wat die boom regop hou nie die boom die wortel nie. As die boom aan God gewy is sal ook die takke gewy wees ~ en dan seker ook die vrug, wat my laat dink aan die gelykenis van Jesus oor die wingerdstok en lote.
Moenie dat iemand die kroon op jou kop kom wegvat nie.
Hoe diep is ons werklik gewortel in die Here en Sy Woord? Het ons ñ penwortelstel wat diep strek met haarwortels wat voedingsware uit trek of is ons ñ boom met ñ oppervlakkige sywortelstelsel wat groen vwrtoon maar wat die wind sommer maklik omwaai.
Moenie dat iemand jou kroon kom roof nie.
Wat steel jou kroon op jou kop wat God daar geplaas het?
Sien ons glo en lees en bid en ons gaan darm nog kerk toe en is getrou aan God maar hoe diep strek ons geloof. As storms van ons tyd aan ons kom pluk, hoe vas is die kroon op ons kop, hoe sterk staan ons boom, hoe diep is ons gewortel in God en Sy Woord?
Open.3:8 en 10 lees;- omdat jy vasgehou het aan My in jou swakheid sal Ek jou vashou noudat jy swak is.
Hoe sterk is ons in God in ons swakheid en hoe sterk is Hy in ons wanneer ons swak is?
Watter boom is ons en is ons kroon wat God daar geplaas het nog op ons kop?
Baie glo en blom ~ maar as die warm woestynwind oor hulle waai verwelk hulle gou en sterf geloof in God...
Dra ons vrug in swaar tye of net as dit goed gaan? Is die Here net goed as dit met ons goed gaan of is Hy vir ons ook goed wanneer dit minder goed gaan?
Hoe diep strek ons geloofswortels?
Kry ons boom son?
Staan dit in die lig?
Kry dit kos en water?
Is die kroon wat God geplaas op ons kop nog daar of het iets of iemand dit kom roof?
Hoe dieper ons wortels in die Here hoe minder sal die winde van verandering ons omwaai.
Hoe kry ek my wortels dieper. Deur nie net te lees en bid nie maar ook wat ek lees en bid te begin glo en te leef. Luister, hoor, volg, ken, doen is die kunsmis wat jou boom sal laat groei.
Mooi dag vir u.
wat
gebeur?
Moenie ons opkomende gebeure mis nie
Opkomende gebeure
- Time is TBDGemeente HartebeeshoekTime is TBDGemeente Hartebeeshoek, 55 Plantain Avenue, The Orchards, Akasia, South AfricaManne kom 05:15 - 06:15 bymekaar By Gemeente Hartbeeshoek. Waar ons saam kuier om die woord
- 17:00Gemeente Hartebeeshoek17:00Gemeente Hartebeeshoek, 55 Plantain Ave, The Orchards, Akasia, 0201, South AfricaElke Sondagmiddag om 17:00 kom ons bymekaar en kuier om die Woord
Afgehandelde funksie
ander opkomende funksies
Witolifant
Vrydag
Witolifant tafel verkope
PLAASKOMBUIS
1 KEER PER MAAND
PADSTAL