As jy na Hom vra, sal Hy Hom deur jou laat vind, maar as jy Hom verlaat sal Hy jou vir altyd verwerp
- Ds Cobus Jv Nieuwenhuizen
- Mar 3, 2020
- 3 min read
Hierdie laaste twee hoofstukke in 1Kronieke is vir my altyd so diep, mooi, besonders. So opreg en eerlik. Dit laat my dink aan Moses en Josua. Seker maar omdat vers 20 van 1Kron. 28 verwys na die selfde woorde wat ons vind in Josua 1:9 en ook Deut 31:6. Ek dan ook seker omdat beide Dawid en Moses aan die einde van hulle lewe staan en ek sien hoe die twee grotes oorgee aan twee jongmanne. Wat egter die mooiste is, is hoe hoe die twee ooms hulle totaal en al nog eenkeer oorgee aan God... vir ñ laaste keer in hulle aardse lewe hulle totaal en al verlaat op God Ps.31:6. Hoe hulle die twee manne oprig en oplig en berei. Moses weet hy gaan nie die bloofde land ingaan en Dawid weet hy gaan nie die tempel bou. Beide gaan sterf maar so sing beide Moses en Dawid die bekende lofwoorde... nogtans sal ons jubel in die Here ons God, Ps.53:9, Ps.71:23; Hab.3:18 en 19...
Sien die toegang tot die poort wat lei na God se hart en troonkamer is nie verbode grond nie. Wie in die lewe tot God nader en opreg so en na Sy hart en wil wil lewe sal Hy toegang gee Sag.3:7 en 8. Jy sal die hemel bo jou sien oopmaak en God sien Mat.5:3-12, Hand. 7:55, Open.4:1-4... Op daardie moment sal jy en ek gevul wees met ons Heilige Almagtige God, die enigste lewende God, JAHWE ADONIA, se Gees... net soos met Stephanus en Johannes en Moses wat die beloofde land wat God gee gesien het, vry was van aardse begeertes... Net soos Dawid wat gesien het wat sy taak eintlik was soos wat dit vandag geskryf staan Ef.2:19-21.
Maar as jy van God wegdraai kan jy maar weet, die Here sal jou nie toegang gee. Hy het satan gewerp so sal Hy die werp wat Hom nie in opregtheid liefhet nie.
Opregtheid beteken nie volmaak nie maar opreg. Te sê as jy sukkel, sukkel om Sy hart en wil te leef... Te sê Here ek wil U liefhê maar sukkel... Opreg eerlik deur nie te los en aan te hou probeer. Opreg is om ñ huis op te rig, wat jou kinders verder sal bou en so ook jou nageslag. Op reg is om jou huis op ñ Rots te bou en God die hoeksteen van jou huisbte maak. Opreg is om God eerste te stel in jou lewe en te lewe met jou oë gerig op Hom nie die ewige lewe nie.
Vrees bevat nie opregtheid daarom gaan die saak oor liefde en vertroue. Beide gaan sterf maar weet als is nie verlore... in God leef ñ toekoms saam God... Ps.16:10 en 11 en Ps. 23...
Mag ons verhouding met God so sterk word dat ons sal lewe in die Here en Hy in ons en ons deur Hom en in Hom. Mag ons gevul en versterk word deur Heilige Gees van God vir ons pad en leef soos mense wie se toekoms gebou is op Hom ons Here. Nie om gered te word nie maar omdat ons nou gered is en getuienis is van die Redder wat in ons lewe. Kom ons bou ñ huis vir Hom waarin Hy leef. Kom ons ervaar die hemel oop bo ons en God se Gees lewens in oms. Laat ons in gees en waarheid een word met Hom.
Mooi dag vir u.
Comments