Jy is nie 'n weeskind nie...
n Vader vir weeskinders en 'n beskermer van die reg van weduwees is God in sy heilige woning. God laat eensames in 'n huisgesin woon en lei gevangenes uit na vryheid, maar wie teen God in opstand is, woon in 'n kaal woestyn Psalm 68:6-7.
In die lewe mag jy jou dalk bevind in ñ kaal woestyd. Mag jy dalk voel jy is Vaderloos. Verwerp. Kaal... naak.
Maar dit is juis Hy wat na jou kyk en vir jou sal versorg in die versoekings wat jy verduur. Hy stap die pad vol beproewings saam met jou. Hy sal jou nie verlaat. Hy is by jou. Ps.139:8-12, in elke ruimte waar jy jou bevin sal God daar wees. As die donker jou wil insluk, waar jy skaam wil wegkruip, waar die dag so donker is soos die nag - juis daar sal jy vind Hy is by jou. By jou van voor jou geboorte al. Hy omgord jou Al verloor jy ook als, selfs jou lewe, met jou lewe sal jy hiervandaan wegstap (Jer.45:5; Ps.16:11 en Joh.11:23-25).
Soms kan ons as aardse pa's min doen aan ons gesinne se leed. Ons kan min vermag teen die wêreld. Soms is ons die slagoffer van ñ wêreld fel en rof, ongenaakbaar. Soms is ons as ouers self die slagoffer van die wêreld se manier.
So is dit met God ook. Hy kan nie mense se vrye besluite en keuses dwing nie, bewus maak, maar nie dwing.
Wat jy en ek het vanoggend moet weet is, ons is nie weeskinders al bevind ons ons dalk in ñ woestyn.
In die beeld van Ps.8 is die weelde en welvaard die woestyn.
Jy is deel van Sy gesin Ef.2:19. Jy en ek is Sy kind 2 Kor.6:18. Hy wat jou hemaak het, het jou nie wees gelaat nie Joh.14:18 en wie na Hom soek, Vader en Jesus sal by hulle kom woon Joh.14:23. Sy asem is in jou Gen.2:6 en 7.
Moet Hom nie verlaat nie, en kinderloos los nie, sonder ñ gesin.
Mooi dag vir julle.
Commenti