Wat sê God vir jou vandag?
Daar is baie voorbeelde in God se woord wat spreek deur die woorde... en God het gesê... of die Here het gesê... En God het vir sis en so gesê...
Wat sê God vir jou...?
Word bietjie stil en vra God; Vra... Here is daar iets wat U met my wil praat? Hou die Bybel so bietjie toe vir ñ oomblik en sit net en word stil. Vra God om deur Heilige Gees jou gees wakker te maak. Ja, jy het ñ gees. Ons is nie net siel en vlees.
Word stil in die gees sodat God se Gees jou kan lei.
Dink aan Hom alleen. Wat kom op in jou gemoed? Waarvan word jy bewus? Toets jou gedagtes en wat jy hoor met God. Vra, Here, is dit my eie gedagtes of kom dit van U. Roep, wag, hoor, luister, slaan ag, ken... ervaar Sy teenwoordigheid.
Sonder jou liggaam(gees, siel en vlees) vir een oomblik af vir God. Laat toe dat Hy jou vul in Gees en waarheid. Kaat toe dat Hy jou geestelik verwyder van die geraas om jou of van die geraas in jou kop.
Maak die deur van jou binnekamer toe... dit bedoel die deur na jou hart. Dit is die binneste van jou binnekamer. Sny jou los vam die wêreld en somder jou geestelik vir God af. Laat jou vleeslike stil word, en jou siel smagtend kniel voot God.
Moenie praat. Fokus jou gedagtes en bestaan vir ñ oomblik net op Hom. Druk die res weg. Laat jou spasie gevul wees met Sy teenwoordigheid. Hy is by jou, om jou en in jou. Laat Hom toe. Luister... hoor... ervaar...
Kom ons word nou stil...
Mooi dag vir u.
Comments