Wil jy gesond word?
Verlede week het iemand moes begrawe wat baie spesiaal was vir my. Ek en hy en Here het ñ baie spesiale pad saam gestap. My hart is seer oor hom en ek kry sy familie bitter jammer. Twee weke voor dit net so tragies, toe ñ jong ma haar man en kinders agterlaat. Die seer sny diep in die drie manne se oë en hulploos staan ek...magteloos. Ek nie die buur van hulle seer blus.
In my en hierdie boeta van my, want dit is wat hy geword het, se tyd saam het daar baie mooi en spesiale goed gebeur.
Een dink wat hy gesê het is... maak nie saak of hy bly leef of sterf... "die Heer het gesorg"... (ek heg ñ fototjie aan). Hy kon nie meer praat die kanker het sy stem gesteel. Hy het aanvaar, vrede gevind. Daar was nie meer vrees.
En dan, met sy dood kom hy en Jesus en stel die volgende retoriese vraag... ñ vraag wat ek met sy roudiens moes vra en nou ook vir u vra...
Die vraag is: wil jy gesond word... en dantwoord hy die vraag... dan moet jy God ontmoet. (God - Vader, Jesus, Heilige Gees)
Vanoggend dink ek aan hom en sy gesin, en aan die jong ma se gesin... Die goed is swaar en seer... maar so bly Frank se woorde maal... wil jy gesond word... dan moet jy God ontmoet.
Is ek en jy gesond genoeg om te kan sterf. Want om gesond genoeg te word om te sterf moet ons eers geestelik sterf. En dit is waar vanoggend se teks vir my inkom.
Maak Ú my gesond, Here, dan sal ek gesond wees! Bevry Ú my, dan sal ek vry wees! Dit is vir U wat ek wil loof Jeremia 17:14.
Hoe gesond is ons? Is dit nie tyd dat Hy ons genees nie. Al vergaan ons liggaam God is my Redder. Op Hom alleen vertrou ek. Was my, maak my skoon, reinig my Here sodat ek onverhinderd kan lewe al is ek ook besig om te sterf. Ons leef in ñ sterflike liggaam mits God voor daardie dag kom.
Ek wil net U ñ lewende verhouding koester. Dit is tyd om in hierdie verhouding met U ernstig te raak.
Kom en reinig ons o Heer. Genees ons Here. Ons wil gesond word.
Mooi dag vir u.
Comments