top of page
Search

As ons vandag nie kan lewe in God en Hy in ons, hoe wil ons eendag?

  • Writer: Ds Cobus Jv Nieuwenhuizen
    Ds Cobus Jv Nieuwenhuizen
  • Oct 22, 2019
  • 1 min read

Sondag wat kom is Nagmaal. Saam met dit gaan ons aan om verder te gesels oor die afgelope paar weke se gesprekke rakende gebed en stil word, en die verhaal tussen God en mens en hoe dit afspeel.


Wat die Here vannoggend in my hart kom lê het is; hoe lyk jou eendag?

In die vraag was die openbaring, vandag bepaal jou eendag.


In die openbaring, die volgende; as ons vandag nie kan lewe in God en Hy in ons, hoe wil ons eendag. As ek vandag Hom nie liefhet en ñ verhouding met Hom koester, hoe wil ek eendag?

As ek vandag nie moeite doen, hoe wil ek eendag?


Lank gelede het ek een oggend geskryf dat ons in geloof en liefde hierdie pensioensimdroom leef - eendag as ek op pensioen is, wil ek dit en dat. Dan sal ek tyd hê. More is nog ñ dag.


Beteken ons eendag dat ons is nie nou nie? Of tekeken ons nou dat ons eendag...


Hoe lyk ons eendag nou, vandag? Sien ons uit na eendag omdat ons nou vandag in verhouding staan met Hom wat ons liefhet en ons vir Hom. Of gaan ons goof godsdienstig oor die eendag en nie oor Hom?


Iets om oor na te dink vandag nie eendag nie.

Mooi dag.

 
 
 

Comments


Gemeente
Hartebeeshoek

cobusjvan@gmail.com

Tel: 082 370 5038

hartebeeshoek@gmail.com

H/V Oaklandsweg & Plantainlaan,

The Orchards, Akasia

Dankie dat u inverbinding getree het!

©2019 by Gemeente Hartebeeshoek. Proudly created with wix.com

bottom of page