top of page
Search
Writer's pictureDs Cobus Jv Nieuwenhuizen

Dag 1 van 40

Ek nooi jou om saam met my op ñ 40 dae woord vas te gaan. Mag die reis saam lei na ñ dieper verstaan en sterker verhouding met God.

Dag 1 van 40.


Ons het dikwels baie te sê oor mekaar. Almal het ñ opinie oor iemand. Soms opgemaak. Soms om onsself te verhoog. Soms die is dit waarheid. Soms is die opinie ñ leuen.


Soms is ons oor krities. Soms is ons net besig om te skinder en vernietigende taal te gebruik.


Ja en soms is ons aan die ontvang kant van hierdie woorde, gedagtes en opinies. Dit maak soms diep seer.


Kom ons begin vandag om ons houding te verander deur God toe te laat om ons denke te vernuwe. Kom ons begin posetiewe dinge spreek in mense se lewe.


Laat ons vir mekaar bid en God toelaat om mense se harte te verander en so ook ons harte teenoor ander. Kom ons spreek eerder lewe as dood saai met die tong.


Kom ons let ook op wat ons sommer so los en vas oor God kwyt raak.


Kom ons laat ons tong, gedagtes en doen en late beheers deur die woord en Gees van God.


Kom ons dink mooi voor ons iets sê oor iemand anders en vra die vraag is dit wat ek nou gaan sê getrou aan God se liefdes gebod en Sy woord?


Kom ons let vandag op ons woorde; wat ons spreek en dink. Kom ons laat ons doen en late, ons gedagtes, ons woorde, bepaal deur die Here.


Ekstra leesstof:

Jesaja 58:6-9

Galasiërs 5:17

8 views0 comments

Recent Posts

See All

Omdat...

Comments


bottom of page