top of page
Search

Dag 10 van 40

  • Writer: Ds Cobus Jv Nieuwenhuizen
    Ds Cobus Jv Nieuwenhuizen
  • Nov 27, 2019
  • 1 min read

Ek onthou nog hoe daar as kind geopen met gebed by elke geleentheid.

Vandag is mense bang hulle gee ander aanstoot.

Jesus leer ons anders. Hy het oral gebid. By Sy doop kyk Hy op en bid en Heilige Gees het soos ñ duif op Hom neergedaal.

By Lasarus se graf bid Hy voor Hy Hom opwek. Voor ete en ete bid Jesus. Vroeg oggend en laataand en deur die dag bid Jesus.

By paasmaal bid Jesus.

Joh.17... Jesus bid vir Sy dissipels...

In die openbaar. Privaat. Stil. In die tempel. Hy maak nie scine nie maar Hy bid. Soms hardop ander kere stil.

Deur alles te begin met gebed, gee God die kans om ons te lei omdat gebed die geleentheid is waar ons onsself afsonder vir God. Wanneer God lei sal ons beter besluite neem, veral as ons luister na Heige Gees en Vaderlike advies. Gebed help om lewe te skep in ons gedagtes, woorde en uitvoering.

Jesus wys ons die pad en dan is daar nog die worksop manuel, die woord van Vader, Jesus en Heilige Gees.

Bid ons nog voor alles wat ons aanpak?

Of ons reis of oorbly soos Ps. 139:1-7 dit beskryf.

Mooi dag vir u.

 
 
 

Comments


Gemeente
Hartebeeshoek

cobusjvan@gmail.com

Tel: 082 370 5038

hartebeeshoek@gmail.com

H/V Oaklandsweg & Plantainlaan,

The Orchards, Akasia

Dankie dat u inverbinding getree het!

©2019 by Gemeente Hartebeeshoek. Proudly created with wix.com

bottom of page