Dag 2 van 40
In Ps.19:14 kom die digter en roep uit, "Weerhou my van opsetlike sondes, laat hulle nie oor my heers nie. Dan sal ek onberispelik wees en vry van hierdie groot sonde". En in Ps.34:14, weerhou jou tong van kwaadpraat en lippe van leuens.
Kom ons dink bietjie hieroor na; wat sou God reken is opsetlike sonde? Wat sou Hy reken is woorde wat kwaadsteek en leuens verkondig?
In die reg praat hulle van kwaadwillige saakbeskadiging... In Afrikaans gebruik ons die woord, onvanpas.
Wat beskou God as onvanpas?
Soms is ons deel van gesprekke, of ons nou luister en of saam praat, wat geurrig ingekleur word met opinies, kretiek, skinder wat opvanpas is. Dit hoort nie by kinders van God.
Ps.19:15 lees, "Mag wat ek sê en wat ek dink tog vir U aanneemlik wees, Here, my Rots en my Verlosser".
Kom ons vra God vandag om ons te help ons ons woorde sal tel. Dat Hy ons sal help om te dink voor ons praat.
Dat ons ons lewenswandel en woorde sal weeg aan die troon van God en eers sal vra; is wat ek nou gaan sê of doen aanneemlik vir God.
Beteken dit dat ons nie vir onsself mag praat of opstaan nie. Nee glad nie. Wat dit vra is, laat ons onsself nie ophou met geselsies en dade wat God nie eer en bedoel is om af te breek.
Hoe tip ons skaal? Wat tip ons skaal? Waaruit bestaan die maatstaf waarmee ons meet?
Kom ons vra God deur die krag van Sy Gees vandag ons woorde en dade te help weeg en laat toe dat Hy ons ondersoek.
Weerhou kwaad uit ons hart Here. Dit vernietig nie net my lewe maar ook kinders van U se lewe. Dit is vernietigend.
Mooi dag vir u.
Comments