Dag 3 van 40
(Ek skryf gebed in eerste persoon, wat beteken, dat u self die gebed sal bid. Ek is ook uself.)
Here, vandag sit ek tyd uit vir U, en gee ek al my momente van stilte in U hande.
Die momente van stilte tussen my woorde wat ek deur U krag gaan kies. Die monmente in die stiltes van my gedagtes van alles wat ek oordink voor ek doen en of sou praat.
Die momente van stiltes in my handelinge wy ek aan U.
Uit myself is my gees en vlees swak. Deur U kry ek die krag, woorde, wysheid, insig en handel. Help my asseblief vandag om in die stiltes tussen praat, dink, en doen U wil en hart te kies.
Dit is my bewustelike en doelbewuste geestelike keuse Here.
Ek is afhanklik van U leiding. Ek wil vrugte van U Gees dra. Snoei my reg Here.
Ek wil intiem naby aan U lewe. Ek wil my gees laat beheers deur U Gees en plaas U in beheer.
Daarrom bid ek vanoggend Ps.141:3
Help dat ek nie sal gly nie Here. Help dat daar geen daad en woord uitglip wat U nie eer. En as daar doen, maak my attend daarop en bewus daarvan. ➡
[07:07, 11/20/2019] Ds Cobus Van Niewenhuis: Ek kan alleen U hart en wil vermag deur U krag en Heilige Gees.
Ek neem beheer van my lewe, wil en handel, deur U krag en gee dit oor in U hande.
Kaino anthropos - maak my ou mens nuut Here. Laat die ou maniere plek maak vir U maniere.
Lei my Here. Heilige Gees hou die wag oor my lippe, woorde en gedagtes.
Plaas U woorde en gedagtes in my hart.
Ek bely my lewe voor U. Ek bely my huidige bestaan. Maak reg in my wat nie hoort nie Here.
Heilige Gees help en lei my asseblief. Vorm my nuut na U hart.
Ek bely my stiltes aan U. Ek sê my wil toe aan U.
Mooi dag.
Comments