top of page
Search
Writer's pictureDs Cobus Jv Nieuwenhuizen

Dag 4 van 40

Ons het al almal iets dom en onverantwoordelik gesê. Glad nie gedink voor ons praat. Almal van ons het al iets gesê waaroor ons spyt en skaam is.

Almal het al iets gesê wat iemand seermaak.

Ons was almal ook aan die ontvangkant van situasies bo genoem.

Het ons al hierdie woorde en dade wat gebeur het ingedien by Heige Gees?

Het ek en jy al ons gesprekke, woorde, gedagtes, doen en late voor God gebring om te toets?

Hanne praat in 1 Sam.2 van God meet na afhandeling. Wat sou God sê oor die en daai wat gebeur het in ons lewe?

Here hoe moet ek hanteer? Here hoe moet ek verwoord? Here hoe moet ek optree? Here gee my die woorde?

Gaan vandag en gaan sit daardie gesprekke wat jy onthou en wat Heilige Gees ons van bewus maak voor God. Daardie goed wat ons gesê en gedoen het en ook die goed wat ons aan die ontvangkant van was. Die goed wat ons oor top en wat ons vandag nog dink. Die goed wat vriende en families skeur. Plaas dit voor God.

Kom los en vry daarvan.

As God die man aan die kruis kon vergewe wat nie kon afklim en gaan regmaak so kan ons die wat aan ons slegte woorde toegesnou het en dade gedoen het wat pyn veroorsaak het ook vergewe.

Vra ook vergifnis vir woorde en dade wat ons aan ander gedoen het. Maak erns daarmee. God sal dit uitlig en neem verantwoordelikheid en laat God ons vry maak.

Heilige Gees weerhou my tong van woorde wat U en U koninkryk nie eer.

Dankie Here vir die reën en ons bid vir hulle wat bitter swaarkry weens die droogte. Ag Here vergewe die wat al klaar kla oor die muldelike reën.

Mooi dag vir u

5 views0 comments

Recent Posts

See All

Omdat...

Comments


bottom of page