top of page
Search
Writer's pictureDs Cobus Jv Nieuwenhuizen

Dag 5 van 40

Ek lees vanoggend die teks in die prentjie; wat julle sê moet altyd vriendelik wees en van goeie smaak getuig...

Maar dit stop toe nie daar... due volgende teks is... Vuil taal moet daar nooit uit julle mond kom nie; praat net wat goed en opbouend is volgens die eis van omstandighede, sodat dit julle hoorders ten goede kan kom Efesiërs 4:29...

En toe lees ek 1 Pet. 3:15... wees altyd gereed met antwoord... wees heilig in die Here...

En toe vanoggend se prentjie, ek ek voel, kom ons maak die Bybel toe😉😁...

Daardie gevoel van hande in die lug gooi en sê, okay ek gee oor...

Moenie moedeloos word nie. Ons is nie een sonder sonde. Die meeste daarvan kom deur woorde, gedagtes, nomale daaglike optredes. Daarom is dit belangrik om ons lewe deur God te laat beheers.

Foute gaan ons maak maar weet ons is nie fout nie. In jou en my lewe die goeie wat God in ons ingeweef het. Ons verleer dit net soms omdat ons meng met lewe en omdat ons ins eie vrye wil volg.

Vat maar ons kinders byvoorbeeld.

Waar leer hulle ander gewoontes aan en soms slegte gewoontes. By die skool waar hulle met ander meng.

Ons het dus invloed op mekaar. Daarom is dit belangrik om te besef dat dat my gewoontes en woorde ook invloed het.

Ek wat is die invloed?

Spreek my lewe van God in my?

Is ek altyd gereeld met goddelik antwoord en heilige reaksie, want Hy heers in my.

Vra God vandag om ons te lei in ons woorde en dade. Verandering begin by my en jou.

Mooi dag vir u.

11 views0 comments

Recent Posts

See All

Omdat...

Comments


bottom of page