top of page
Search

Dag 9 van 40

  • Writer: Ds Cobus Jv Nieuwenhuizen
    Ds Cobus Jv Nieuwenhuizen
  • Nov 26, 2019
  • 1 min read

Die engel van die Here het vir Gad opdrag gegee om vir Dawid te sê hy moet vir die Here 'n altaar gaan oprig op die dorsvloer van Arauna die Jebusiet. Dawid het toe gegaan soos Gad hom in die Naam van die Here beveel het... en daar 'n altaar vir die Here gebou. Hy het brandoffers en maaltydoffers gebring en die Here aangeroep. Die Here het hom geantwoord deur vuur uit die hemel op die brandofferaltaar af te stuur.

1 Kronieke 21:18‭-‬19‭, ‬26‭-‬27

Mag God elke keer wat ons tot Hom bid en met Hom praat die vuur in ons brandmaak.

Die gedagdte het my laat dink aan Petrus en die 120 in die bovertrek nadat Jesus na die hemel opgevaar het.

"Hulle het iets soos vuur gesien wat in tonge verdeel en op elkeen van hulle gekom het"

Handelinge 2:3...

Kom ons word vir ñ oomblik stil, sonder ons grongebied vir God af en rig vir Hom ñ altaar in ons hart op. Kom ons gee ons dorsvloer vir Hom, ons saaigrond. ➡

Laat ons ons lewe en liggaam as offer afstaan aan Hom soos Jesus Sy liggaam en lewe vir ons as offer gegee het.

Here laat U Heilige Vuur in ons ñ vuur word wat nie geblus kan word nie en die tafels van ons hart ñ altaar vir U en ons lewe ñ mengvloer wat honderdfoudig oes lewer.

U is ons krag.

 
 
 

Commentaires


Gemeente
Hartebeeshoek

cobusjvan@gmail.com

Tel: 082 370 5038

hartebeeshoek@gmail.com

H/V Oaklandsweg & Plantainlaan,

The Orchards, Akasia

Dankie dat u inverbinding getree het!

©2019 by Gemeente Hartebeeshoek. Proudly created with wix.com

bottom of page