top of page
Search

Dankie Here vir die reën. Dankie dat U daagliks vir ons sorg.

  • Writer: Ds Cobus Jv Nieuwenhuizen
    Ds Cobus Jv Nieuwenhuizen
  • Nov 2, 2019
  • 1 min read

Dit is soos met grond wat die reën indrink wat dikwels daarop val.

As dit bruikbare gewasse voortbring vir dié wat dit bewerk, word dit deur God geseën Hebreërs 6:7

Mag die vrug van al die bede oor die afgelope tyd. Die beloftes gemaak, en elke gedagte wat tot eer van U opgerig uitmond in vrug.


Here ons dank U vir die reën in die stad, en waar dit nog ook geval het.

Here help dat ons nie van U vergeet asb. Dit is so in ons eie aard. Vergewe ons as ons dit dalk weer doen.

Dankie Here vir die reën. Dankie dat U daagliks vir ons sorg.


Laat ons die brood eet wat ons geestlik versorg lewe gee. Laat ons die water drink wat U gee en dit ontvang wat ons aardse dors sal les. Laat strome lewende watee van ons binneste vloei Jes.58 deur U Gees.


Ons prys en eer U en dankie weer vir die reën.

 
 
 

留言


Gemeente
Hartebeeshoek

cobusjvan@gmail.com

Tel: 082 370 5038

hartebeeshoek@gmail.com

H/V Oaklandsweg & Plantainlaan,

The Orchards, Akasia

Dankie dat u inverbinding getree het!

©2019 by Gemeente Hartebeeshoek. Proudly created with wix.com

bottom of page