Die dinge waarmee die sondige natuur van die mens hom besig hou
- Ds Cobus Jv Nieuwenhuizen
- Sep 9, 2019
- 2 min read
Die dinge waarmee die sondige natuur van die mens hom besig hou, loop uit op die dood, maar die dinge waarmee die Gees Hom besig hou, bring lewe en vrede. (Romeine 8:6)
Geestelike dood of geestelik lewend. Hebreërs 4:12 lees: die Woord en Gees van God is lewend en kragtig en sny soos ñ swaard met twee snykante en maak skyding tussen gees, siel en vlees. Daar is niks wat God nie van ons weet nie. Dit beteken Hy weet of jy en ek geestelik dood of lewend is.
Dit wat ons spreek en doen bring dit lewe en vrede of breek dit af en spreek dood?
ñ Ander vraag natuurlik is; waarmee voed ons ons siel, gees en vlees. Met lig of donkerte.
In Matteus 6:23 staan daar: "as jou oog sleg is, sal jou hele liggaam sonder lig wees. As die lig in jou donker is, hoe donker moet dit dan nie wees nie!"
Die keuse berus by ons en wat ons kies sal ons wees. Die keuse van wat ons sê en dink berus ook by ons. So berus die keuse hoe ons op goed reageer berus ook by ons. ▶
Die keuse van wat ons sê en dink berus ook by ons. So berus die keuse hoe ons op goed reageer berus ook by ons. Wie jy en ek is en wat ons bepaal berus by ons wat kies wat ons bepaal.
Ons kan nie sê ons kies God maar ons lewe ñ lewe wat in ñ teenoorgestelde rigting beweeg.
Ek dink dit is 2 Kor.1:18 wat lees dat daar nie ñ ja en nee kan wees nie interme van ons geloof en verhouding met God.
Kom ons vra God vandag vir God om lig te wees vir ons Joh.1:1-5. Kom ons vra Hom ons te bepaal Ps.139:1-7. Kom ons maak God en Sy wil ons keuse. Kom ons wees kinders van Hom wie se lewe spreek van Sy lig.
Mooi naweek vir u.
#onthou God vra van ons om nie weg te bly van gemeenskap van gelowiges. Skakel in by ñ gemeenskap waar jy welkom voel en waar jy tuis voel maar moenie wegbly nie. Gaan maak ñ verskil.
Comments