top of page
Search

Die Here is...

  • Writer: Ds Cobus Jv Nieuwenhuizen
    Ds Cobus Jv Nieuwenhuizen
  • Jan 20, 2020
  • 2 min read

Die Here is...

Wat koppel ons alles aan God om daarmee te probeer sê waarom God goed is byvoorbeeld? Of wat koppel ons aan God om te probeer sê waarom ons Hom dien?

Die geliefde woord wat baie gebruik is - God is awesome; wat maak Hom awesome?

Ek wonder hieroor vanoggend.

Ek het al baie gehoor dat jy moet glo om gered te word. Die Here moet lofprys om gered te word.

Sou jy en ek God steeds gedien het was dit nie vir die awesome en redding en...

Matteus 5:3 lees, geseënd is wat weet hoe afhanklik hulle is van God. Geseënd...

Waaraan meet ons die seën...?

Mens kan dit nooit aan iets meet want God is groter as die iets waaraan ons Hom probeer meet.

Geseënd is soos liefde - jy voel dit in jou.

Die gesegte; as armoede by die voordeur inloop loop liefde by die agterdeur uit... is waar seker... meer ewe waar dat daar nooit regtig ware liefde was.

In geloof doen ons dit ook. Ons moet op pas wat ons praat, ons woorde maak soms seer as ons dinge aan God toedig wat nie van Hom kom nie. Ons moet op pas om awesome te koppel aan God en dat by voeg omdat, en want...

Soms kuier mens by iemand en dan is daar in die geselskap soms ander mense; party kennisse en ander vreemdelinge. Dan as mens klaar gekuier het praat man en vrou met mekaar oor die kuier soos dit maar is. Man daardie is twee gawe mense, oulik, maar daardie ander twee, nee wat hulle is sis en so.

Gebaseer op wat? Sigwaarde. Die wat oulik is het niks gedoen om te bewys hulle is oulik en die wat jy afkeer niks om jou afkeer te verdien.

Wat koppel ons aan God om te belaal God is goed, en awesome en wat nog.

Sou jy Hom andersins gedien het? Awesome lock ñ croud... Awesome in cool en in...

Jesus was nie die cool ou in blok nie. Hulle het niks can Hom gehou - die meeste van die mense.

Gaan dink bietjie mooi hieroor. Ook aan die woorde van Jes.12... U is my krag. Is dit werklik waar? Wees versigtig om te gou te antwoord. Heers, Sy hart, Sy wil, Sy liefde, Sy geduld, Sy omgee, Sy handel in ons lewe...

Ek weet vandag se stukkie is baie sterk en skerp en sny bietjie diep, maar God wil ons help en lei...

Is God werklik eerste in onsblewe?

Mooi dag vir U.

 
 
 

Comments


Gemeente
Hartebeeshoek

cobusjvan@gmail.com

Tel: 082 370 5038

hartebeeshoek@gmail.com

H/V Oaklandsweg & Plantainlaan,

The Orchards, Akasia

Dankie dat u inverbinding getree het!

©2019 by Gemeente Hartebeeshoek. Proudly created with wix.com

bottom of page