top of page
Search

Die vraag is - gedwingde en tesinnig of vry uit liefde?

  • Writer: Ds Cobus Jv Nieuwenhuizen
    Ds Cobus Jv Nieuwenhuizen
  • Oct 30, 2019
  • 1 min read

Jip... 2 Kor. 9... steeds daarmee besig.


Uit vanoggend se mannebediening.


Afgepersde geloof. Afgepersde dankbaarheid. Afgepersde bydraes.

Afgepersde kerk bywoning bybellees en bid. Afpersing ken ons baie goed. As jy poeding wil hê moet jy jou kool eers eet. As jy die eers doen sal jy daardie kry.

Geloof en ewige lewe. Geloof en dade.


Tesinnig onder dwang, afgepers gee ons karig, glo ons karig.

Wanneer iets onder dwang gebeur is dit tesinnig en nie spontaan en opreg uit vrye wil nie. As jy gered wil word moet jy glo en doen. As jy die ewige lewe wil hê moet jy glo en doen.

Glo en doen is nie ñ afgepersde waarde nie maar ñ daad wat gebeur vanuit spontaniteit gedryf deur liefde en opregtheid.

Dit moenie gaan oor die poeding nie maar oor die Een wat die poeding gemaak en geskep het vir hulle wat Hy liefhet.

Ek eet nie die kool omdat ek die poeding smag nie. Nee, ek eet die kool want dit smaakvol voor gesit om my te voed en te versterk en is vrylik en vrygewig vers 8.


Karig, bitter, tesinnig, onder dwang, afgepers, losprys.

So glo baie mense

Terwyl geloof iets is wat vrywillig, ongeforseerd, sonder voorbedag, agendaloos, oop, eerlik, vanuit liefde tyd spandeer.

God pers niemand af en die losprys is betaal.

Die vraag is - gedwingde en tesinnig of vry uit liefde?

Mooi dag.

 
 
 

Comments


Gemeente
Hartebeeshoek

cobusjvan@gmail.com

Tel: 082 370 5038

hartebeeshoek@gmail.com

H/V Oaklandsweg & Plantainlaan,

The Orchards, Akasia

Dankie dat u inverbinding getree het!

©2019 by Gemeente Hartebeeshoek. Proudly created with wix.com

bottom of page