top of page
Search
Writer's pictureDs Cobus Jv Nieuwenhuizen

Die vraag is: is ons kinders van God of sê ons dit net?

Vanoggend deel ek vanuit ons manne bediening.


Ons ken almal die verhaal van Isak, Esau, Jakob, en Rebekka.

Die lot het meer geknoei as At en Annelize op Binnelanders.

Wat vir my uitstaan is; Isak vra watter seun roep. Jakob (Hakskeenbyter) antwoord dit is ek Esau. Dan vra Isak: “Hoe het jy dan die wild so gou gekry, my seun?” en Jakob het geantwoord: “Die Here u God het my dit laat raakloop” Genesis 27:20.

Nie net jok Jakob oor wie hy is nie, hy vermom hom ook, en gebruik die Here se Naam om sy eie saak te bevorder.


Die vraag is: is ons kinders van God of sê ons dit net? Daarby lyk ons soos kinders van God of is ons vermom soos kinders van God en is eintlik iemand anders? Praat ons soos en doen ons voor as of is ons? Gebruik ons die Naam van die Here vir ons eie saak of is Hy ons God? 1 Pet. 2:16, Judas 1:4 geloof as dekmantel. Gaan ons lewe en geloof oor ons en God, God in ons en ons in Hom, of gaan dit oor ek wat roep Pa Pa... maar eintlik is ek iemand anders en ñ hakskeenbyter in geloof.


Ek sê ek is iets maar is eintlik iets anders. Joh. 10 lees... Ek weet wie my skape is en wie net blêr soos...

Iets om oor na te dink vanoggend. Esau verkoop sy blinde pa uit vir pot lensie sop; die ander een Jakob doen hom voorr as iemand anders. Die die feit is God is nie blind en doof... en ons hanteer Hom soms asof Hy is.

Mooi dag vir u.

14 views0 comments

Recent Posts

See All

Omdat...

Comments


bottom of page