top of page
Search

Die wysheid, waar kom dit vandaan? Waar is die woonplek van die insig?

  • Writer: Ds Cobus Jv Nieuwenhuizen
    Ds Cobus Jv Nieuwenhuizen
  • Jan 23, 2020
  • 2 min read

Gister by iemand se siekbed aan die einde van ons gebed saam het die Here Job 28 duidelik aan my gewys met vers 28 as kernvers. Ek het dit saam die persoon gelees. Omdat ek die persoon ken wat geen vlieg in die se lewe skade gedoen het, het ek geweet wat God bedoel met die gedeelte binne die konteks. Die persoon se lewe is beheers deur God. Daar is die persoon wie die persoon is. Vanoggend wil ek dit met u deel - bedoelende die teks. Gaan lees dit maar onthou die konteks van waaruit die geskryf word.

Hierdie man Job was niks minder as getrou aan God. Hy was ñ gerespekteerde man in die samelewing. Hy was ñ goeie pa, wat sy kinders van die Here ons God geleer het. Hy was Godsvresend en het naby aan God gelewe. Hy was ñ man na God se hart. Tog tref ñ diepe swaarkry hom. Seer wat jy in woorde nie kan omvat en beskryf. Maar die man Job verlaat nie God. Hy worstel en het ñ gesprek met God. Maar verlaat God nie. God bly vir hom ñ werklikheid. Tewens die vriende van Job praat oor God, Job die praat met God. Dit daargelaat.

In Job 28 kom hy en sê hy: wysheid en insig kan jy nie koop nie. Jy vind dit nie in goud en silwer ens. Jy kan dit gaan soek in ander wêrelde, gode en godsdienste... jy gaan dit nie daar kry nie... (hoewel jy dalk iets gaan hoor daarvan...)

Die wysheid, waar kom dit vandaan? Waar is die woonplek van die insig?

Job 28:20

Dit kom van God. Maak nie wie dit probeer spreek of gee, dit behoort aan God, die skepper daarvan. En insig, die behoort ook aan God terwyl God beide aan ons gee. Insig kom van wysheid, maar moet toegepas word. Om insig te kry, is een ding, om iets daaraan te doen en toe te pas is wysheid. Insig is iets wat jy verkry, deur wysheid, maar wat gaan jy met dit maak. Insig is openbaring - maat die woord wil gekoppel daaraan. En die woord wil koppel aan eie woorf keuse.

Die gedeelte is besonders, gaan lees dit gerus en vra eie vraag: die keuse wat ons uitoefen, is dit gelaai met God se wysheid en insig. Waarvandaan het ek die inligting waarop ek my keuse basseer bekom. My insig wie het sit bepaal.

Dit is nie te koop maar kom deur geloof in Goden word in Sy lig gevind nie in die duister nie. Dit wil lig werp nie duisternis bring.

Mooi dag vir u.

 
 
 

Comments


Gemeente
Hartebeeshoek

cobusjvan@gmail.com

Tel: 082 370 5038

hartebeeshoek@gmail.com

H/V Oaklandsweg & Plantainlaan,

The Orchards, Akasia

Dankie dat u inverbinding getree het!

©2019 by Gemeente Hartebeeshoek. Proudly created with wix.com

bottom of page