top of page
Search
Writer's pictureDs Cobus Jv Nieuwenhuizen

Dink daaraan: ...wie karig saai, sal karig oes; en wie volop saai sal, sal volop oes. 2 Kor 9:6

Die laat my dink aan die gedeelte waar Jesus sê: die oes is groot maar die arbeiders is min.

As mens die gedeelte lees en dit doen saam 2 Kor. 8 een van my gunsteling gedeeltes, kom jy agter dat God nie hier noodwendig praat oor eie persoonlike welvaart in materiële nie maar praat van wat in geloof, gees, siel en vlees gebeur as liggaam van Christus.


Hy praat ook nie net van dit nie maar ook oor gawes en vermoeëns.

Hy voorsien die saad. Hy gee die vermoeë. Hy deel dit uit. Hy maak ons ryk genoeg om vrygewig te wees.

Vrygewig in wat - die vrug van God se saad - Sy liefde.

2 Kor. 8:5 lees; voordat die Masedoniërs, wat arm was in die materiële, begin het om fondse vir Jerusalem in te samel het hulle hulleself heel eerste aan God gegee. God vra nie wat jy n het nie, lees die gedeelte verder en dat jy eers jou eie huis inorde moet kry voor jy ander kan help.

Geestelik, emosioneel, materieël.

Mense het hierdie gedeelte al in die verlede baie gebruik om fondse, geld, uit mense te manipuleer.

So het mense ook die gedeelte gebruik om hulle eie welvaart te soek.

Hierdie gaan oor die saad van geloof in God.


Dan vers 7 van 2 Kor. 9; wat God gee is nie onder dwang en met teesin nie maar geskiet uit liefde. Dieselfde geld ook ten opsigte van ons verhouding met God en ander.

Dit is vrywillig. Dit het geen bybedoelings of hef geen verwagtinge om iets terug te verwag.


Die vrug van God se saad gesaai, lê in my en jou wat reageer.

Diensbaar tot eer van God.

Betroubaar tot eer van God.

Blymoedige gewer tot eer van God.

Bereidheid tot eer van God.

Liefde tot eer van God.

Gehoorsaamheid tot eer ban God.

Evangelie bely tot eer van God.

Mededeelsaamheid tot eer van God.

Genade tot eer van God.

Dankbaarheid tot eer van God.

Hy sal aan ons waar en in wat ons moet voorsien genoeg gee om so te doen en jy sal self ook nooit te kort sal hê nie.

Of jy nou geseënd is met ñ goeie onderneming, of geseënd is met hande wat kan sorg en genees, of hande wat kan bou of bak, om te ontwerp of goed mense te kan bestuur of dalk die vuilwerk en donkie werk te doen... God die saad, die brood, die krag, die middele voorsien, en ons sal die saad en brood word soos Hanna dit beskryf in 1 Sam. 2:5...


Ons is die vrug van die saad wat God saai. Gen.1:11 en12, saad sal vrug voortbring

Vers 13... van 2 Kor. 9... lees dit gerus self...


Alles is vrywillig niks is gedwonge.

As jy in geloof karig saai sal die oes ook maar so wees en die vrug en opbrengs gelykstaande aan die insette van die landbouer wat Vader is, Jesus die ware wingerstok en Heilige Gees wat ons lei.

Mooi dag vir u.

52 views0 comments

Recent Posts

See All

Omdat...

Comentários


bottom of page