top of page
Search
Writer's pictureDs Cobus Jv Nieuwenhuizen

Draai na God, verskyn voor God, hoor, wag, luister, ken, volg en doen.

Vanuit ons manne bediening vanoggend deel ek graag.


Ek wonder wat het Jesus en Vader daardie nag voor Hy die twaalf geroep het met mekaar bespreek.


Nadat hulle, Jesus en die dissipels van die berg gekom het het Hy twaalf dissipels gekies en hulle apostels genoem.

Ons bly altyd dissipels lerend aan die voete maar geroep in ons uitvoering om apostels te wees.


Jy kan nie ñ apostel wees as jy nie bereid is om dissipel te wees aan die voete van die Here.


Draai na God, verskyn voor God, hoor, wag, luister, ken, volg en doen.


Wat vir my uitstaan is dat Judas nie geroep was om Jesus te verraai nie maar dat Hy die verraaier geword het. Ons is geroep om dissipels en apostels te wees, maar wat het ons geword en is ons tans dit wat Jesus ons na toe geroep het om te wees?


Spandeer ons genoeg tyd met God soos hier in Lukas 6:12-16.

Praat ons met Vader en Jesus oor ons lewe en lei Sy Gees ons?

Hulle wou Jesus met klippe dood - doen ons nie maar soms dieselfde as ons nie God toelaat in ons lewe?


Ek wonder net wat is ons,en wat het ons geword.

28 views0 comments

Recent Posts

See All

Omdat...

Comentários


bottom of page