top of page
Search

Ek is die Here jou God...

  • Writer: Ds Cobus Jv Nieuwenhuizen
    Ds Cobus Jv Nieuwenhuizen
  • Nov 5, 2019
  • 1 min read

Goeie dag.


Vandag het die Here my gelei om die volgende te doen en

self te gaan lees en u te vra om ook so te doen.

Ek is die Here jou God... Dit is die woorde wat God in my hart gelê het.


Ons trek in baie opsigte swaar. Ons voel die tekens van die tyd en die handelinge van die wêrel aan ons lyf asook geestelik en emosioneel. Ons, ons gesinne ons medemens kry swaar en is bekommerd. Die aanvalle is fel.


God kom vandag en sê - Ek is die Here jou God, en sal dit bly tot in ewigheid; al druis die see en al dreun die berge. Al gaan jy deur riviere met sterkstroms of deur vuur wat warm brand. Al rook jou lamppit en al is jou riet geknak en die juk wat jy dra swaar. Al staan jy by die Rietsee met farao wat jou jaag of weet nie wat vir jou wag aan die anderkant van die Jordaan... Al staan jy soos Jaïrus op jou knee, of vlug soos Dawidnof staan dal voor Goliat of moet soos Noag ñ ark bou. Ek is jy soos Jona in die diepsee... Al is jou liggaam swak en al knak jou knee.

Ek is die Here jou God... sê God

Gaan lees as u kans kry:

Jes.51:17;

Eks.20:2;

Jes.41:13-16;

Jes. 48:17;

Hos.13:4;

Deut.18:13;

Jes. 44:24;

Deut. 10:17;

Ps.147; Deut.6:5;

Hos.14:10; ;

Eks.6:1;

Lukas 4:8;

Jer.32:27;

1Kon. 2:3;

Jes. 43:11 en 15;

Lev.20:7;

Mat. 12:30;

Jos. 1:9;

Jes. 43:25;

Jes. 42:6;

Ps.31:2 en 6;

Ps.102:13;

Ps.119:90;

Ps.146:10;

Ps.73:23...

U is die Here my God, my Rots...


 
 
 

Comments


Gemeente
Hartebeeshoek

cobusjvan@gmail.com

Tel: 082 370 5038

hartebeeshoek@gmail.com

H/V Oaklandsweg & Plantainlaan,

The Orchards, Akasia

Dankie dat u inverbinding getree het!

©2019 by Gemeente Hartebeeshoek. Proudly created with wix.com

bottom of page