top of page
Search

Ek sal die Here loof...

  • Writer: Ds Cobus Jv Nieuwenhuizen
    Ds Cobus Jv Nieuwenhuizen
  • Sep 30, 2019
  • 2 min read

Selfs in die middel van die nag staan ek op om U te loof... Psalm 119:62


Ek sal die Here loof wat my tot die regte insig gebring het; selfs in die nag bly ek bewus van wat Hy my leer Psalm16:7


In my nood soek ek hulp by die Here; ook in die nag bly my hande in gebed uitgestrek sonder om moeg te word; maar ek vind geen troos nie Psalm 77:3


As ek aan U dink op my bed, oor U peins in die nag, dan weet ek: U is vir my 'n hulp, en dan juig ek oor die beskerming onder u vleuels. Ek bly altyd naby U, U hand ondersteun my Psalm 63:7‭-‬9


So moeilik maar ook so eenvoudig. Vir baie lank word ek wakker net voor 12 uur of net na 12 uur. Soms met angssweet en oorval baie gebeure my waarmee ek dan stoei en worstel tot in die vroeë oggenduur... Partykeer is dit verlange en seer - die gemis is baie erg... Soms vrees, van iets wat gebeur het... Dalk aanvalle wat wag... Maar soms vir geen rede.

Die afgelope tyd in my eie lewe, is weer baie so. Ek kan 11 uur gaan slaap 12 iur ia ek wakker...


Jesus het baie opgestaan en gaan bid terwyl die stad nog stil was. Lofprysing en gebed vat nie die saak wat jou wakkerhou weg nie maar verander die hoek van waaraf jy kyk. Watter beter tyd om te luister na oor hoe God jou saak bedink? Te wag, te hoor, te luister, te hoor, te ken, te volg, te doen... te vra en te praat... te verskyn... te gesels met God.

En as jy vir geen rede wakker word, niks pla, bid bietjie Ps.139 en veral vers 23 en 24 en daarna verse 1-22 en dank God te dank teenoor die woorde wat jy lees en wy jou opnuut aan Hom.

Voor jy op jou foon begin blaai en sinloos rondrol - jy is nou wakker, gebruik die tyd goed en sonder jou gees vir God af in lofprysing, gesprek, hoor en luister... ken... volg en doen.

Hy sal jy perspektief gee... anders kuier net stiweg met Hom

Mooi dag vir u.

 
 
 

Comments


Gemeente
Hartebeeshoek

cobusjvan@gmail.com

Tel: 082 370 5038

hartebeeshoek@gmail.com

H/V Oaklandsweg & Plantainlaan,

The Orchards, Akasia

Dankie dat u inverbinding getree het!

©2019 by Gemeente Hartebeeshoek. Proudly created with wix.com

bottom of page