top of page
Search

Ek sal jou loog sê God

  • Writer: Ds Cobus Jv Nieuwenhuizen
    Ds Cobus Jv Nieuwenhuizen
  • Jan 15, 2020
  • 3 min read

Die is weer lank, ek vra verskoning, my amen soms afgesny.

Ek het gevoel ek moet iets van Sondag wat verby is se erediens weer met u deel. Die gedeelte gelees was Jes.1:10-31... u kan dit op ons web gaan luister.

Aanvanklik klink die gedeelte so al of God ons wil straf. Of loog iets met straf te doen het.

Maar alles behalwe. Dit het alles te doen met liefde, sorg en omgee. Nader gaan beteken, sodat God ons kan help en reinig sodat ons kan word wat ons behoort te wees in Hom en Hy in ons.

Mens kan dit amper noem in vandag se terme - factory reset... Ps.139:14-24.

My wetenskap onder wyser, mnr Coetzee sal nou baie trots wees op die defenisie, wat ek gaan leen het, want hy sou weet dit kom nie uit my pen - want ek het wetenskap met lof geduip.

Loog is ’n alkaliese oplossing om onsuiwerhede te verwyder van die oorspronklike materiaal en die oorspronlike te herwin. Nie te min, laat ek nie te lank by die wetenskap stilstaan... en mnr Coetzee ñ angsaanval gee nie. Ek dink u verstaan wat ek bedoel.

God sê hier in Jes.1:25, Hy wil ons lood suiwer tot silwer. Met ander woord die silwer wat ons is weer rafineer - nou het die mnr. hoenervleis - tot suiwer silwer.

God wil dit wat my en jou loodswaar maak, brittle, ons verswak, die geleiding van energie tussen ons en Hom verswak kom verwyder.

Hoe; deur ons te loog... met wat - die bloed van Jesus.

Sien die bloed van Jesus bring die onsuiwerheid uit en dan soos wat ons en God nader aan mekaar beweeg reinig Hy deur Sy krag ons, deur ons wat wil van die onsuiwerhede. Ons lei almal euntlik aan geestelike "loodvergiftiging". God wil ons nie straf maar reinig Joh.3:18.

... as ons in die lig lewe soos Hy in die lig is, het ons met mekaar deel aan dieselfde gemeenskap en reinig die bloed van Jesus, sy Seun, ons van elke sonde.

1 JOHANNES 1:7

Daarom het Jesus ook buitekant die stadspoort gely om die volk deur sy eie bloed van hulle sonde te reinig.

HEBREËRS 13:12

Die bloed van Jesus wil ons loog van dit wat ons weghou van Hom en help om dit te oorwin. Hy wil ons vrymaak en reinig.

Maar vir dit om te gebeur moet ons ons laat was en reinig in die gees. Ons moet suiwer eerlik na Hom gaan. Geen agenda. Soos ons is. Hy soek nie skynheiligheid. Hy vra nie offers nie. Ons gewy aan Hom en ons wat wil gereinig word - nie om eendag gered te word nie maar nou reeds gered te wees, Joh.3:19, vry van die lood in ons silwer.

Loog beteken kom nader sodat Hy ons weer kan wit was soos sneeu. Hy wil ons kan factory reset en vrymaak van al die onsuiwer data in ons.

Pleit die bloed oor jou gaan dus vir my oor reinig en vrymaak - ons leef mos in God se beskerming of nie.

Wil jy vrykom van dit wat jou loodswaar maak en die silwer en goud wat jy is vuil maak.

Moenie bang wees, gaan gerus nader...

Mooi dag.

[08:49, 1/15/2020] Ds Cobus Van Niewenhuis: So onvang van Sharon, sy was wetenskap onderwyser as ek reg verstaan en deel die graag met onsv- in vervoering oor preek van Sondag en boodskap vanoggend:

Silwer is reeds 4000BC oud

Silwer en Lood in natuurlike vorm word gewoonlik saam gevind in natuur- goed en sleg....

Kan uit lood verwerk word as daar suurstof is en hitte van 1000 grade c, net deur God sal ons die hitte kan weerstaan.

Silwer se simbool Ag kom van Latyn- argentum, beteken LIG- ons die lig vir die wêreld!

Ek glo daar is nog baie oor die eienskappe van silwer wat ons kan deurtrek....

 
 
 

Comments


Gemeente
Hartebeeshoek

cobusjvan@gmail.com

Tel: 082 370 5038

hartebeeshoek@gmail.com

H/V Oaklandsweg & Plantainlaan,

The Orchards, Akasia

Dankie dat u inverbinding getree het!

©2019 by Gemeente Hartebeeshoek. Proudly created with wix.com

bottom of page