top of page
Search

Elke mens het ñ adres

  • Writer: Ds Cobus Jv Nieuwenhuizen
    Ds Cobus Jv Nieuwenhuizen
  • Oct 3, 2019
  • 2 min read

Elke mens het ñ adres waar hulle bly. Maak nie saak wie jy is. Of jy op straat bly, of in ñ shack, whendy, of waar jy ookal woon. Elkeen het ñ adres. Wat is joune?


In Markus 2 kom Jesus en stuur die verlamde man, wat hulle na Hom gebring het om te genees, huistoe nadat Hy hom genees het deur vir hom te sê:


“Ek sê vir jou: Staan op, vat jou draagbaar en gaan huis toe” Markus 2:11...

Elkeen het ñ adres. Wat is joune. By dit; gegewe jou adres, wat kleef aan jou.

Byvoorbeeld; ons gemeente is in The Orchards Pta-Noord. Sodra mense dit hoor dan sê hulle, is dit veilig daar. Ons sal dit of dat bygewoon het was dit elders.

Ja en dan is daar die mees onlangse liedjie van Jak de Priester wat hy oor die Noord opgedis het - as ek so luister sal ek as ek hy is maar vir lank liefs nie na die Noord kom. Hy het paar mense bietjie omgekrap; ja daardie soort wat jy nie wil omkrap.

So, wat is jou adres en wat is die stigma wat aan jou kleef


Vir hulle wat glo en God opreg liefhet, met Hom in verhouding staan, en na aan Hom leef, kom die Here en sê, jou adres is by Hom en die plek wat Hy ewig vir jou voorberei het (Joh.14:1-5). Hy sê ook in Ef.2:19... ons is nie meer vreemdelinge en bywoners al het ons op aarde geen blyplek of ñ adres wat ander nie mee wil assosieer nie.


Is jou adres gekoppe aan God en is ons in geloof homeless al woon ons in huise...?

Nou - dit is wat God op my hart gelê het vir vandag.

Mooi dag

 
 
 

Comments


Gemeente
Hartebeeshoek

cobusjvan@gmail.com

Tel: 082 370 5038

hartebeeshoek@gmail.com

H/V Oaklandsweg & Plantainlaan,

The Orchards, Akasia

Dankie dat u inverbinding getree het!

©2019 by Gemeente Hartebeeshoek. Proudly created with wix.com

bottom of page