God is die Skepper van alles en almal
- Ds Cobus Jv Nieuwenhuizen
- Sep 23, 2019
- 2 min read
Hierdie is ñ lang dagstukkie.Maar neem gerus tyd om dit dalk te lees as u wou.
Vandag se dagstukkie spreek hard en duidelik en ek seker meer skuldig aan dit wat God deel as enige iemand anders.
God is die skepper van alles en almal, reg? Ons bestaan en ontstaan het ons te danke aan Hom wat ons gemaak het? Dit beteken dat Hy die vervaardiger is van alles, reg?
Nou elke produk het mos ñ vervaardiger? Iemand het dit gebou. Die kwaliteit van die produk word bepaal deur paar faktore. Die behoefte aan iets, die plan en doel, die ontwerp, die ontwerper van daardie iets, die roumateriaal, die vervaardigings proses, kwaliteit beheer van vervaardiging, die kwaliteit van die eindproduk en nog ander faktore. As die produk swak is noem die verbruiker proeduk swak en teken misnoë aan en blameer die vervaardiger vir die swak produk.
Met dit gesê lê die Here Mat.5:22 in my hart met die vraag: het jy al iemamd ñ idioot genoem of dalk ander naampie? In die gedeelte staan daar jy mag nie na iemand as gek en of idioot verwys.
Hoewel die gedeelte gaan oor sake wat ons teen mekaar het en dat ons moet regmaak spreek die gedeelte iets anders aan wat my geruk het.
As ek na iemamd verwys as idioot dan verwys ek mos na ñ swak produk en wys ek vingers na die Vervaardiger en die onvolmaaktheid van die vervaardiger.
Ek meen as ek iemand iets sleg noem of sleg negarief en kwaadwillig kritiseer en beskinder en belaster met my tong dan doen ek mos dit teenoor God ook en kla en die Vervaardiger aan.
Wie het die produk gemaak? Dus as ons na mense verwys, verwys ons na God ook indirek.
Ja, daar is goeie en slagte mense by keuse. Maar pas tog maar net op dat ons nie besig is om God te beskinder en te belaster as ons na mekaar verwys nie.
Laaste: as iets gebreek het van ons dit na die vervaardiger om te herstel en dat die fabriek dit regmaak. Moet ons nie meer moeite doen om mekaar terug Fabriek toe te neem en dat die Vervaardiger die kans kry om ons te herstel. Ons is onder waarborg, God se waarborg wat nie beperk is tot kilometers nie en hierdie waarborg sluit lewenslange diensplan en herstel in. Ons moet net by dienstasie aandoen en die Diensadvisseer raadpleeg, toelaat dat die herstel gedoen word en binne speck handel wat van die Vervaardiger gevra word.
Nou ja... laat ons maar liefs ñ wag voor ons mond sit oor ander en ons tong laat beheers deur God deur in Hom te lewe en Hy ons ons.
Kom wees maar versigig in wag ons van God se produkte sê.
Mooi dag vir u.
Comments