top of page
Search

Hoekom is ek en jy opsoek na Jesus?

  • Writer: Ds Cobus Jv Nieuwenhuizen
    Ds Cobus Jv Nieuwenhuizen
  • Jan 21, 2020
  • 2 min read

Ek wonder vanoggend oor iets... Ek weet die is die verhaal waar Jesus inhegtenis gemeen is in Getsemane, maar daar is iets wat my aanraak, vir my uitstaan en wat ek oor wonder wat ek met u wil deel...

Hier loop die mense wat Jesus in hegtenis wou neem met fakkels, swaarde, stokke op soek na Jesus.

Vreemd dat hulle reguit gegaan het na waar Hy was. Hulle intel moes van so aard gewees het dat hulle geweet het dat Hy daar gaan bid het elke aand as Hy klaar geëet het. Dit is nou as Hy in Jerusalem was. In ander dorpe het Hy ander plekke gehad waar Hy na ete gaan bid het. Want dit was Jesus se gewoonte. Na ete het Hy soos vroeg oggend ñ stil plek gaan soek om by te gaan stil word het - Hy en Vader. Voor ñ dag begin en na ñ dag eindig het Jesus eers gaan stilword.

Wat ek egter oor wonder is of ons soms nie ook opsoek is na Jesus, met stokke en swaarde nie. Opsoek is in die donker van die lewe na Hom maar nie na Hom nie.

Hulle vra vir Hom... is Jy wie Jy sê Jy is. Jesus antwoord "Dit is Ek".

Hulle val op die grond. Dit is eers toe Hy hulle toelaat wat hulle Hom kon inhegtenis neem.

My vraag is vanoggend - hoekom is ek en jy opsoek na Jesus?

Antwoord die vraag persoonlik aan Jesus deur Heilige Gees.

Hierdie is nie aanklag nie maar ek dink ñ vraag uit Vader se hart.

Dit beten nie dat ons nie mag vra en mag soek om oplossings nie. Die vraag dink ek gaan, soek ons na Hom in alles heel eerste. Ek dink dit is sie vraag. Ek gaan kuier mos nie net by iemand as ek hulle nodig het nie - ook omdat ek hulle lierhet en aangenaam vind, en om ñ normale allerdaagse gesprek te hê.

Hoekom soek ons na Jesus?

Lees Joh. 1:1-12 saam met die.

Mooi dag vir U...

 
 
 

댓글


Gemeente
Hartebeeshoek

cobusjvan@gmail.com

Tel: 082 370 5038

hartebeeshoek@gmail.com

H/V Oaklandsweg & Plantainlaan,

The Orchards, Akasia

Dankie dat u inverbinding getree het!

©2019 by Gemeente Hartebeeshoek. Proudly created with wix.com

bottom of page