top of page
Search

In U hande gee ek my lewe, my gees, oor Ps.31:6.

  • Writer: Ds Cobus Jv Nieuwenhuizen
    Ds Cobus Jv Nieuwenhuizen
  • Nov 6, 2019
  • 1 min read

Ons is soms baie vinnig om na ander se lewe te kyk en te oordeel dat ons vergeet dat onsself uit genade en liefde gered is en nie weens ons dade nie.

Kom ons neem vandag ñ oomblik en vra God om ons harte te vernuwe en aan ons ñ nuwe gees te gee.

Soms word ons verhard deur die lewe en omstandighede en word ons verbitterd blind.

Kom ons vra God om ons hart te vernuwe en ons gees te herskep na Sy hand.

Soms laat seer ons mank en diep verwond. Here kom skep ons harte nuut vandag en vorm ons gees na U hand.

Die uitdrukking, dit is nie in die gees van iets, ken ons goed. Lewe ons na die Gees in die gees en in die "gees" van God se Gees.

Vorm ons nuut asb Here. Maak ons nuut.

In U hande gee ek my lewe, my gees, oor Ps.31:6.

Mooi dag

 
 
 

Comments


Gemeente
Hartebeeshoek

cobusjvan@gmail.com

Tel: 082 370 5038

hartebeeshoek@gmail.com

H/V Oaklandsweg & Plantainlaan,

The Orchards, Akasia

Dankie dat u inverbinding getree het!

©2019 by Gemeente Hartebeeshoek. Proudly created with wix.com

bottom of page