top of page
Search
Writer's pictureDs Cobus Jv Nieuwenhuizen

Laat God toe om ons "huis" te vul...

Hierdie gedeelte is ñ baie spesiale gedeelte wat gaan oor Dawid se opdrag om vir God ñ huis (tempel) op te rig.


Dit het my laat dink aan Ef.2:19-22... (gaan lees dit gerus weer)


In die gedeelte neem Dawid ñ goeie kyk na wie is hy. Hy besef hy is nie eintlik werd om soveel aansien van God te ontvang en die voorreg kom hom nie toe.

Hy het die Here al baie teleurgestel.

Dan vra hy, wie is ek...

Dan bring die Here die antwoord vir my, in die naam David (דּוֹד), geliefde.

Dit is wat ons vir God is - geliefde... ñ tempel vir Hom... huis vir Hom... verteenwoordiger van Hom.

Ons is eintlik דּוֹד David-Susan of David-Ina of David- Gert of David-Johan of David-Dawid...

Groot is die Here in Sy liefde en vergifnis... genade.


Dalk moet ons soos Dawid vir ñ oomblik saam bid soos hier in 2 Sam.7... en God toelaat om ons geestelikehuis op te rig na Sy hart (Eseg.37:1-14). Vir Hom te vra om alles te voorsien wat ons nodig het om "huis" te wees vir Hom en Hom toelaat om ons "huis" te vul... Ef.3:14-21.


1 Kron. 27 en 28 sien ons dat God alles voorasien het en veral 1 Kron. 28:9...

Mooi dag vir u.

22 views0 comments

Recent Posts

See All

Omdat...

Comments


bottom of page