Die lewe is vol vertakkings.
- Ds Cobus Jv Nieuwenhuizen
- Sep 3, 2019
- 1 min read
Die lewe is vol vertakkings... Duisende keuse wat ons daagliks moet maak... Kies ek ñ vertakking dan is dit nie lank of daardie vertakking vertak en maak nuwe lote en takke.
Soms is die tak wat ons kies dood en sonder nuwe lote en soms is die tak groen en vol aantreklike nuwe lote.
Dit het my laat wonder en dink aan die volk Israel. God het hulle onder die leiding van Moses uit Egipte laat trek. Maar dan trek hulle die hele woestyn vol, vir veertig jaar lank. In die woestyn gebeur daar baie dinge. Goeie en slegte goed. Wat wel vir my vanoggend uitstaan is dat God in die veertigjaar vir hulle gesorg het.
Hy was by hulle, bo hulle, langs hulle, agter hulle en voor hulle.
Wie en wat ons lei?
Voor jy antwoord ~ dink eers baie mooi want God was nie altyd in beheer van Israel se trek. Hulle het partykeer gegaan waar hulle wil weens hulle hardkoppigheid.
Is ek en jy werklik bereid om ons "gards" te laat sak en toebte laat dat God ons lei. Ons het almal ons eie verdedigingsmeganismes waarmee ons onsself beskerm ➡
Is ons bereid om totaal oor te gee dat God ons lei?
Ons skrop in geloof soms soos hoenders op die oppervlakte rond opsoek na kos. Ons moet begin dieper delf en werklik toelaat dat God ons lei.
Konsulteer God in alles... Hy is by jou... Nou daar waar die lees.
Is ons op ons eie pad of is ons saam met God opreis.
Mooi dag vir u elkeen.
Comments