Met die daeraad word die vorm van die aarde sigbaar
- Ds Cobus Jv Nieuwenhuizen
- Sep 9, 2019
- 2 min read
Ek is altyd verstom wanneer ek iewers in openbare plek is waar niemand my ken, hoe hulle my herkoms op ñ myl sien. Hierdie is ñ boertjie. Dit is nog voordat ek nog iets kon sê dat hulle uit my aksent of gebrek aan Engels kon hoor ek is Afrikaans. Soos een van my proffies gesê het: mens kan duidelik hoor Engels is nie gemaak vir jou mond. Snaaks hoe dit is nê? Jou herkoms kleef aan jou sonder dat jy dit agter kom.
Dit het my laat dink aan die gedeelte in Job waar die Here vir Job so paar vrae kom vra. En dan staan daar in die gedeelte die woorde onder.
Met die daeraad word die vorm van die aarde sigbaar, dit neem vorm aan soos klere wat aangetrek word. Wie het die kennis om genoeg wolke bymekaar te bring, om hierdie waterkruike van die hemel om te keer wanneer die grond kliphard is en daar net groot kluite lê?Job 38:14, 37-38
Dit het my laat wonder, sien mense as hulle my sien aankom ook my liefde vir God raak soos wat hulle my boertjie bloed raaksien. Is ek bekleë met die heerlikheid van God. ▶
Is dit sigbaar, hoorbaar, en diensbaar sigbaar. Soos die oggendson die aarde bekleë met lig, bekleë die lig van God my ook so? Of is my hart verhard.
Verder staan hier; die reën wat God gee maak harde kluite sag. Dit laat my dink aan Heb. 4 wat lees: vandag as julle My Woord hoor moet julle harte nie verhard nie.
Reën die reën wat God gee nog in ons harte of het ons harte klipharde grond geword wat onbewerkbaar is. As jy dit ploeg bring dit groot harde kluite voort.
Die lewe vorm ons almal maar ek wonder of God nog ons saailand berei en die saaier is in ons lewe. Ek wonder of daar nog plek is vir God in mense se lewe. Wat groei op ons saailand?
Soos die oggendsond vorm aanneem om die aarde en die buitelyne van die aarde belig, met berg en dal, bekleë met lig, so moet God se lig in en om ons wees. Dit laat my dink aan Mat. 22.
As God se lig ons bekleë innerlik sal ons liggaam (gees, siel en vlees) in wese uitroep sonder om te praat ~ God is my koning.
Mag dit so wees... word...
Mooi dag vir u.
Comments