...'n Wolkie so groot soos ñ man se hand kom uit die see uit op.
Soos dit in my hart lê - ek vra verskoning vir die lang dagstukkie.
Verstaan ons werklik hoe dit voel... voel ons nog enigsins...?
Ek weet nie. Lees ek Gal. 5:19-25 wat gaan oor die vrug van God se Gees dan wonder ek of die mens nie vergeet het van God en of ons nog hoegenaamd God aanbid?
As ek na die verval en aanneem van vreemde gode as norm sien in die Christelike geloof dan wonder ek?
As jy nog nie saam iemand gesit het in hulle bloed; saam gekniel het in die stof van droeë aarde en die reuk van dood wat windstil hang; as jy nog nie saam iemand honger en dors was, vereensaam alleen; in ñ afgebrande huis of waar mense alles verloor het... dan wonder ek of verstaan ons?
Het jy al saam iemand gebid waar daar geen woorde is... jy niks kan sê of iets het om te sê behalwe daarwees. Gebid waar alles dieselfde gaan lyk en wees... nie meer eens kan bid nie... te bang is om jou oë toe te maak.
Ek wonder of ons nog iets voel vir mekaar, iets voel vir God?
Mooi dinge gebeur wat ñ flikkering van hoop in God se oog moet bring... hier en daar strek mense die hand na mekaar, maar owee sodra die ergste afgeweer is brand, plunder, moor, pleeg ons egbreek, haat, verwoes ons mekaar, lieg en bedrieg - vergeet ons van God en aanbid die goue kalf.
Voel ons nog opreg enige iets vir God? Want as ons sou doen sou ons vir mekaar ook iets gevoel het.
'n Wolkie so groot soos ñ man se hand.
Laat dit asb reën Here in ons harte deur U Gees en sal U asb. uitkoms gee op ons droeë aarde, mens en dier kry swaar. Sal U die plae laat stop en ons help om terug te draai na U o God. Ons is jammer dat ons van U vergeet. U nie meer aanbid soos ons moet. Deut. 6:4-10 en Josua 4:19-24 by hou nie. Ons is jammer dat ons nie liefde betoon en liefdeloos lewe. Ons buig ons knie voor U alleen. U naam alleen is op ons lippe.
U is God, JHWH God ons Here.
Ons staan by Bokim en ons staan by Gilgal. Ons staan in Nineve en in Sodom... Ons staan by Mara en ons staan by die rots waaruit U water laat kom het. Ons herinner onsself aan U goedheid en Guns. Ons staan by die kruis en ons kyk terug tot by die skepping en ons bely - ons is nie U eer waardig maar nogtans noem U ons U kinders. U is ons God en ons het U baie lief Here al maak ons U hart soms seer. Ons het U lief soos Job Here. Niks kan ons van U liefde skei Rom 8:35.U het ons kom reinig Sag.3 en weer so kom doen aan die kruis. Sal U uitkoms gee asb. in die Gees maar ook ons hulpgeroep hoor Eks.3.
Ons wy ons aan U. U laat dit reën oor goed en sleg en U son kom op oor goed en sleg. Ons dank U Here. Ons hou aan U alleen vas al is dit droog en al loer die einde. Ons hou aan U vas. U is ons Rots, die hoeksteen van ons huis.
Kom blaas lewe oor ons Here Eseg. 37...
Mooi dag.
Comentários