Prys die Here!
- Ds Cobus Jv Nieuwenhuizen
- Jan 22, 2020
- 1 min read
Prys die Here! Prys, dienaars van die Here, prys die Naam van die Here! Die Naam van die Here moet geloof word, nou en vir altyd. Van waar die son opkom tot waar dit ondergaan, moet die Naam van die Here geprys word!
Psalms 113:1-3
Vanoggend is daar min woorde. Daar is net hierdie diep dankbare weemoedige gevoel in ny hart van hoe groot Vader, Jesus, Heilige Gees is. Daar is nie iets wat ek aan dink of wat gebeur het wat die gevoel aanwakker.
Al wat in my lewe is, dankie Here. Nie vir iets spesefieks nie - maar dankie.
Loof die Here staan hier... Loof Sy Naam... Mens kan mos net as Hy vir jou ñ werklikheid is... Mens praat mos met is wat bestaan... Gee aan dit ñ naam. Loof Hom, maak Hom wat bestaan se Naam groot, dit is waar die Hebreërs teks inkom. Ek verlaat my nie op niks nie 2 Pet.1:16-19. Hy bestaan... en ek het Hom lief...
Word net so bietjie saam my stil... maak jou oë toe... ervaar net... ontvang net....... Asem die teenwoordigheid van God in...........
Hy is meer as net ñ naam Hy bestaan.
Uit die stof... Uit die seer... Uit die gaan van die lewe... Here U is my Here en U het ek lief....
So is U redding en liefde... genade ook... Dankie Here.
Comments