top of page
Search

Soos 'n put sy water vars hou, so hou die stad sy boosheid vars

  • Writer: Ds Cobus Jv Nieuwenhuizen
    Ds Cobus Jv Nieuwenhuizen
  • Sep 18, 2019
  • 2 min read

Soos 'n put sy water vars hou, so hou die stad sy boosheid vars; al waarvan Ek daar hoor, is geweld en vernietiging, al wat Ek sien, siekte en wonde Jeremia 6:7.

Ek wonder wat hoor God as Hy na ons kyk. Ek wonder wat sien Hy as Hy ons sien doen.

Die hele skepping juig. Aan Hom behoort die lof, eer, heelikheid en krag...

Is dit waar?


Ek belowe u dat enige daad wat slegte gevolge het nie deur die krag van die Here gebeur en nie ñ loflied is tot eer van God is nie. Dit is alles behalwe.


Ek meen Jesus kom wys ons wat die wil van Hom en Vader is. Hy wys ons ook hoe Hulle wil dat ons goed sal hanteer. Hy wys ons die weg, die lewe en die waarheid. Hy vloek, plunder, moor en vernietig nie. Hy bly nie weg van die samekoms van gelowiges en kritiseer nie eenkant nie. Hy is deel en vorm deel. Hy waarsku ons en lei ons. Maar die verwerp Hom en jou Hom uit. Hulle wou Hom doodmaak maar Hy stap net tussen hulle deur en gaan met Sy geroepe taak. Later doen die mens wel maar stil kon hulle Hom stil nie.


Jeremia 6:7 laat my dink aan Ps. 37 vers 1-7. Lewe ons soos mense wat hulle lewe aan God oorgegee het? Wat beteken dit om jou lewe aan God oor te laat? Is dit nie wat Ps.31 vers 6 betoel ~ Hy bepaal ons?


As ons eerlik opreg kyk na ons lewe en Open. 5:13, kan die hemelwesens en ouderlinge om die troon van God oor ons lewe ook Amen uitroep vers 14?


Wie is heilig en wie is goed behalwe Godself, maar tog het Hy ons goed gemaak en is Sy goedheid in ons DNA. Daarom is die keuse van doen, goed of sleg, ñ keuse uit die self. Of God se krag heers of jyself met hulp van die bose.


Of ons is loflied tot eer van God of ons getuig van iets anders.

As die Amen op ons lewe gespreek word wat sal die waarheid spreek.

Iemand sê my gisteraand hierdie mooi ding. Daar is drie goed wat altyd uitkom; die son, die maan en die waarheid.


Baie om oor na te dink maar dit is wat ons maak met die waarheid wat sal tel.

Hierdie het my ñ stewige blik op my lewe laat neem. Wat dryf rond in my waters van lof.

Mooi dag vir u.




 
 
 

Commenti


Non puoi più commentare questo post. Contatta il proprietario del sito per avere più informazioni.
Gemeente
Hartebeeshoek

cobusjvan@gmail.com

Tel: 082 370 5038

hartebeeshoek@gmail.com

H/V Oaklandsweg & Plantainlaan,

The Orchards, Akasia

Dankie dat u inverbinding getree het!

©2019 by Gemeente Hartebeeshoek. Proudly created with wix.com

bottom of page