top of page
Search

Staan op Hy hoor jou. Hy roep na jou.

  • Writer: Ds Cobus Jv Nieuwenhuizen
    Ds Cobus Jv Nieuwenhuizen
  • Oct 7, 2019
  • 1 min read

ñ Blinde man sit langs die pad en wag op Jesus. Hy hoor mense nader kom en luister mooi; kan dit dalk Jesus die messias wees op wie hy so lank wag? Hy wag, hy hoor, hy luister... Hy hoor die kare nader kom... Hy roep... Hy luister fyner... Hy wag... Hy hoor... Hy luister... roep weer... Dan net voor hy moed verloor kom iemand, vat hom aan sy hand en sê, Hy hoor jou, bedaar, hou moed, staan op, Hy roep jou.


Soms raak mense wat kan sien ook blind en daarmee saam ook doof. Ek was al paarmaal in my lewe in die situasie gewees.


Hoe kan ons genees van ons geestelike blindheid en doofheid. Net Jesus kan.

Hoe? Deur na hom te gaan, op Hom te wag, te hoor, te luister, te ken, op te staan en nader te staan, te hoor, te luister, te ken. Hoe kry mens dit reg? Deur volharding te bly soek en te wag en op te staan en nie te bly sit nie. Soms het jy iemand nodig wat sien en hoor om ons op te help en nader te lei. Maar ons moet ook wil.


Moenie opgee, as jy nie tans hoor en sien nie. Moenie opgee op God.

Bly roep en bly hunker. Ps.5:4 sê Dawid bly na die Here gaan en verskyn voor Hom. Staan op Hy hoor jou. Hy roep na jou.


Mag God ons vandag help om te sien, deur ons te help om te hoor en luister waar ons op Hom wag. Laat God se Gees toe en laat Hy jou lei.

Mooi dag vir u.

 
 
 

Comments


Gemeente
Hartebeeshoek

cobusjvan@gmail.com

Tel: 082 370 5038

hartebeeshoek@gmail.com

H/V Oaklandsweg & Plantainlaan,

The Orchards, Akasia

Dankie dat u inverbinding getree het!

©2019 by Gemeente Hartebeeshoek. Proudly created with wix.com

bottom of page