top of page
Search
Writer's pictureDs Cobus Jv Nieuwenhuizen

Teen U alleen het ek gesondig...

ñ Lang dagstukkie maar gewis iets om oor na te dink:


As jongseun het ek soms, hoewel baie min 🤪, kattekwaad aangejaag. Dan het my pa by my gekom en ons het dan ñ gesprek gehad oor of was dit ek en of is ek skuldig aan die foutjie wat gebeur het. (Dit is nou wanneer ek nie op hederdaad betrap was nie).

So het my pa my geleer om verantwoordelikheid te neem vir my kattekwaad en my aandeel raak te sien en om dit nie weer te doen nie wat hy of ma dan soms so "ritmies in gespel het". Ek is dankbaar.


In terme van reg en verkeerd in die lewe is God steeds ferm en beslissend. Ons dink God se wil soos aan Moses gegee is het verval, Eks. 20, die Tien Gebooie. Nee, dit het nie. Die Fariseërs wet ja, maar God se wil staan vas en word bevestig deur belangrikste gebod soos Jesus dit stel, jy moet God liehê, jouself en jou naaste soos jouself.


Nou wanneer jy liefhet God, jouself, jou naaste, sal jy die wil van God byhou.

Want liefde pleeg nie egbreek, steel en moor nie, dit lieg nie, hou nie van die kwaad nie, begeer nie ander nie, dra God se belange op die hart, eer vader en moeder.

So wanneer jy verkeerd doen, ontbreek liefde, eer jy eerstens nie Vader, hou jou blind vir Jesus, doof vir Heilige Gees.


Jesus se berigte woorde na Hy iemand gehelp het is, gaan en gaan sondig nie meer. Die genade van God lê in God se vergifnis en ek wat dit ontvang en nie voortgaan met dade wat God nie eer. Want opregheid en liefde lei ons weg van sonde tot binne in die genade van God, die arms van God. Vryspraak beteken vrygespreek van wat jy nie meer doen nie. Maar as jy nog doen is jy nie vry nie word jy deur ander magte beheers en nie deur God.

Jer.4:13 sê: God ontvang die wat na Hom terugkeer altyd weer...

Rom. 6 lees, God vergewe en ons is vry van die wet van Moses maar kan ons doen wat ons wil... stellig nie... as God in jou is sal jy Sy wil gehoorsaam... en vrykom deur Sy leiding en krag.

2 Kor. 1:12-16... daar is nie ñ ja en nee nie...

Reg is reg en verkeerd is verkeer... Ps. 103 lees dat God nie meer aan ons sonde dink nie, maar so moet ons ook nie. 1. Ons is vry gemaak daarvan 2. As ons aan dit bly dink, hunker ons of terug of ons aanvaar nie God se genade.

Ons lewe deur die Gees; laat die Gees nou ook ons gedrag bepaal Gal. 5:25.

Ek laat my deur u liefde lei en ek lewe deur u trou Ps. 26:3.

U is die bron van die lewe, deur u lig lewe ons Ps. 36:10.

Moenie jouself bluf nie. Verkeerd is verkeerd en sal altyd verkeerd bly en reg is reg. Jy is of ñ doener van sonde, medepligtig aan of jy lewe in die lig en eer God se wil. Wat in die donker gebeur kom aan die lig want God wil genees.

Huwelike, mense lewens, kinders se lewens, bejaardes, God se wil word verwoes deur ons wat dink ons lewe onder die genade en kan maar maak soos ons wil en aangaan met dade wat God nie eer. Onthou net altyd aan die anderkant van my sonde is iemand wat die sleg van my daad ervaar en ontvang en dit vernietig daardie persoon of dele van die skepping en breek God se hart.


Gaan lees bietjie Ps.50 en 51 en ook Rom.6.

Dit is wel nooit te laat nie maar ons kan nie aanhou, soos Spreuke dit stel, soos ñ hond terug gaan na ons braaksel toe nie.

Die oordeel kom ons nie toe nie maar tog is die oordeel van reg en verkeerd duidelik en so ook ons eie wil wat of God eer of nie. Jou deelname aan die lewe sal getuig aan wie se wil jy kleef. Joune of God sin. Opregtheid en liefde is die tweesnydende swaard Heb.4:12.

Mooi dag vir u.

38 views0 comments

Recent Posts

See All

Omdat...

Commentaires


bottom of page