top of page
Search
Writer's pictureDs Cobus Jv Nieuwenhuizen

U, Here, laat my lamp helder skyn...

Vanoggend deel ek graag met u 2 Sam.22:1-54 wat gaan oor ñ oorwinningslied wat Dawid geskryf het. Hierdie lied is gebore uit Dawid se wedervaringe met lewe en dinge wat in sy lewe gebeur het. Daar was van jongsaf baie aanslae in en op Dawid se lewe. In sy eie huis was hy nie baie geliefd nie. Sy boeties was jaloers op hom. Later met Saul saam probeer Saul Dawid uit jaloesie doodmaak. Dan was daar die oorloë en hoe hierdie oorloë teen die Filistyne en ander wat Dawid moes veg, hom moeg en weerloos gemaak het. Soos was daar die interne paleispoletiek soos in die geval van die man met die naam van Seba. So was daar ook gesinstwis gewees. Sy kinders kon nie oor die weg kom met mekaar. Ek dan was daar Dawid se eie tekortkomminge, swakhede en sonde wat hy moes veg en teen stry.

Maar dan skryf hy 2 Sam.22 en 23 en stel iets baie duidelik. God is my lig as dit donker is om my. Hy is opreg teenoor die opregte en rein teenoor die reine.


Ek wil u nooi vanoggend. Vat tyd en lees die twee gedeeltes.

Dink aan jou eie lewe. Doen opreg so. Skryf in jou hart ñ lied vir God en dra dit op aan Hom. Sien raak hoe Hy ons beskerm en lei selfs daar waar jy geen beheer het oor wat mense oor jou sê en van jou praat. Ken jou swakhede. Belei dit en praat met God daaroor. Gee jou vrese vir Hom. Gee jou oorlog wat jy veg vir Hom. Trek die wapenrusting wat God jou gee aan Ef. 6:10-18.

Mooi dag vir u.

43 views0 comments

Recent Posts

See All

Omdat...

Comments


bottom of page