top of page
Search

U is my bergvesting, my veilige plek.

  • Writer: Ds Cobus Jv Nieuwenhuizen
    Ds Cobus Jv Nieuwenhuizen
  • Sep 27, 2019
  • 2 min read

Nota. Waar die woord ek gebruik word is die ek ook jy wat die lees.


Ek dink Ps.91 en Joe Black se liedjie " Ek sal nie bang wees nie", grappie, ek weet dit is Joe Niemand se liedjie...


Hulle wat in die skadu's van die Allerhoogste skuil sê vir die Here - U is my bergvesting, my veilige plek.


In die skadu's... in die koelte... Naby, veral as die dag op sy warmste is, want dan is die koelte klein en moet jy naby aan die sors wat koelte verskaf gaan sit.

Al sou gevaar dryg van buite, en al sou daar onheil en oorloë kom. Selfs al sou peste en siekte ons pak en al sou ons in die voëlvangers se wip beland... ek sal nie bang wees nie. Ek sal U lof besing soos Paulus en Silas in ñ donker tronksel. Want U is by my. U dra my.

By U voel ek veilig.

Ja, soms gaan die rampe van die lewe ons pad kruis. Soms gaan ons aanvalle ervaar en beleef. Ons gaan deur die bose se helpers getoets en beproef word. Ons gaan soms soos Jakop krippel wegstap na ons gestoei het met God.


Ons kan dalk soos Job op ñ ashoop sit of vasgevang in ballingskap.

Jy gaan aangeval word en jy gaan soms uitgelag word en nie ernstig opgeneem word of afgebreek voel en dalk om die grond beland.

In ons hart moet daar ñ loflied druis te midde van die stryd 2 Kor.4:7-12.

Ek sal U lof bly besing o God.

Jes. 43:1-5 in konteks met Jes. 43...


Mooi dag vir u.


N.S Onthou om u geloofgemeenskap waar u inskakel te gaan besoek en saam stil te gaan word. Die Here vra dit en verwag dit van ons.

By dit neem u kinders na ñ geloofgemeenskap. God verwag ook dit van ons.

 
 
 

Comentários


Gemeente
Hartebeeshoek

cobusjvan@gmail.com

Tel: 082 370 5038

hartebeeshoek@gmail.com

H/V Oaklandsweg & Plantainlaan,

The Orchards, Akasia

Dankie dat u inverbinding getree het!

©2019 by Gemeente Hartebeeshoek. Proudly created with wix.com

bottom of page