top of page
Search
Writer's pictureDs Cobus Jv Nieuwenhuizen

U is vir my 'n skuilplek, U beskerm my...

Hierdie is ñ algemene boodskap en niks op enige iemand of iets gemik nie.

Toe ek mechanic was het ek dikwels ook so gevoel en so ook toe ek op skool was.

So die is vir jou en my.


Vanoggend toe ek na Ps.32 kyk en ek wonder oor my eie lewe na ñ nag van nabetragting en selfondersoek, dan voel mens broos en bang. In my lewe, is ek baie blootgestel aan mense se eie probleme, hulle ervarings, en aan goed wat met hulle gebeur, of wat hulleself veroorsaak en gedoen het; die goed is losstaande van jou eie dinge. As jy lief word vir mense, meer so. Jy voel mense se pyn en ervaar aan jou lyf hulle swaarkry. Soms ervaar jy hulle aanvalle en word gedryg met hulle drygemente.

Dan is daar die kere wat jy mense teleurstel en jy na hulle mening nie goedgenoeg is nie en jy eenvoudig te kort skiet. En dan is daar die kere wat jy moet wegstap van iemand en hulle oorlaat aan iemand anders.

Soms word jy as vals of ongepoets afgemaak - ongepoets pas nogals by my😉... maar ek werk daaraan.


Hoe okal, ek dink u ervaar die lewe ook so. Soms is jy op die kruin van die golf en soms slaan die brander wat jy op ry jou in die grond in.


Vanoggend wil ek vir jou na jy Ps 32 gelees het graag Ps. 91 bid, wat ek tewens al telkemale op die forum gebid het; maar vanoggend wil ek weer so doen, maar met klem op vers 14-16.

In alles weet een ding; in gevare, peste, aanvalle, wanneer jy jouself en ander faal, God faal, jy bang is en broos voel, teleurgesteld voel in jouself; die Here het jou lief, en Hy wat jou liefhet hoor jou roep en sal jou red en beskerm. Bly net in Sy skadustaan en skuil by Hom. Bly saam Hom beweeg. Hy sal joh lei waar jy verkeerd gegaan het en waar jy swak voel jou sterkmaak. Hy is die Here, Hy het jou lief al faal jy soms Hom en jou medemems. Al voel jy soms soos ñ mislukking. Sterkte vir u dag.

Ek los jou met Joe Niemand se liedjie - Ek sal nie bangwees nie.

26 views0 comments

Recent Posts

See All

Omdat...

Comments


bottom of page