top of page
Search

Voor watter uitdagings staan jy tans?

  • Writer: Ds Cobus Jv Nieuwenhuizen
    Ds Cobus Jv Nieuwenhuizen
  • Sep 3, 2019
  • 2 min read

Voor watter uitdagings staan jy tans?

Wat maak die lewe vir jou tans moeilik, bitter en swaar?

Waaraan dra jy?

Wat mergel jou gees, siel en vlees uit?

Ek lees vanoggend Ps.51 en bid dit na ek dit gelees het... Want soos u dra ek ook aan my eie lewe en ervaar ek ook lief en leed in my eie lewe, bo en behalwe u lief en leed wat ek saam u dra en ervaar.

In my stilword lees ek in die verby gaan in Job 23 of 26 die woorde... (ek kan nie nou onthou waar)... is dit nog die moeite werd? En dan antwoord Job my op ñ manier ~ God is die moeite werd.

Makliker gesê as gedaan maar waar.

Jesus hoe het U dit reg gekry wonder ek ~ Ps. 23 en Joh.10 kom by my op.

Dag vir dag van vroeg tot laat , in en deur elke aspek van die lewe, daarvoor en daarna, saam met ander en alleen het U met Vader tyd spandeer en in konsultasie met Vader geleef.

In die lewe gaan dit soms voel jy is besig om die stryd te verloor. Res volg

Jy gaan soms voel jy maak dit nie. Jy gaan alleen voel en staan. Jy gaan swaarkry. Jy gaan. Jesus het en Hy was en is die Seun van Vader ons Here.

Moet nie hoop in God verloor nie; moenie fokus verloor nie.

Hou vas.

Volg die goeie Herder ~ Hy sal jou lei om die wêreld en gebeure te oor win en te bly oorleef.

Al brand jou geestelik tank se liggie en jou beursie is leeg en jy voel jy het niks om dit mee vol te maak, doen aan by die "Vulstasie", God sal jou vul. Gaan sit net by Hom.

Hy het letterlik leeg met niks en niemand aan die kruis gesterf. Geen iemand wou naby hom kom. Nie eers sy familie en beste vriende. Leër as dit en eensamer as dit kan dit tog nie weea. Godsverlate. En Hy en nie opgegee op my en jou en op Vader nie.

Mooi dag vir u.




 
 
 

Comments


Commenting on this post isn't available anymore. Contact the site owner for more info.
Gemeente
Hartebeeshoek

cobusjvan@gmail.com

Tel: 082 370 5038

hartebeeshoek@gmail.com

H/V Oaklandsweg & Plantainlaan,

The Orchards, Akasia

Dankie dat u inverbinding getree het!

©2019 by Gemeente Hartebeeshoek. Proudly created with wix.com

bottom of page