Wag in stilte op die Here God!
- Ds Cobus Jv Nieuwenhuizen
- Sep 23, 2019
- 2 min read
Wag in stilte op die Here God! Die dag van die Here is naby! Hy het 'n maaltyd voorberei, en dié wat Hy genooi het, gewy (Sefanja 1:7)
Verder in die gedeelte, vers 12, praat die Here daarvan om met ñ lamp deur Jerusalem te gaan en Jerusalem te suiwer.
Wag in stilte op die Here...
Laat jou lewe aan die Here oor...
Wat beteken sit?
Beteken dit soos die spreekwoord sê: laat God's waters maar oor God's akkers loop?
Stiltewees in die teenwoordigheid van God gee God die kans om ons te wy, versterk en te lei. Stilwees in die teenwoordigheid van God beteken hier; om nie te praat, om aan niks te dink behalwe God, jou gedagtes af te sonder net vir God, jou gees af te sonder vir God en jou ore te spits... ontvanklik t.o.v God se leiding te wees wat kan gebeur deur, woord, gees, openbaring, Woord...
Die belangrikste deel van stilword in gebed is die deel waar ons nie praat nie en God aan die woord kom.
Dit gaan alles oor die stilte wat moet gebeur tussen ons gebed en die amen.
Laat jou lewe oor beteken dus; ek laat toe dat God my wese en doen en gees bepaal. Hoe deur gereeld stil te word en God toe te laat om my te rig, lei, leer... en ek wat reageer. Vir my om te reagaar na God se hart moet Hy regeer in my lewe. Vir dit om te gebeur moet Hy heers oor my denke en handel. Vir dit om te gebeur moet ek stil word.
Is dit nie wat Jesus ons geleer het nie.
Die gees is gewillig maar die vlees is soms swak en nie gewillig.
Stilwees beteken persies wat dit sê.
Laaste: pasop vir jou eie gedagtes en vleeslike begeertes in jou stilwees. Toets jou gewaarwordings eers met God. Soms speel eie ek in wat ek hoor en sie groot rol. Ons kan onsself lekker oortuig na die hand van ons eie wil en begeertes en dit benoem as God se wil.
Mooi dag vir u.
Comments