top of page
Search
Writer's pictureDs Cobus Jv Nieuwenhuizen

Wat kan ñ mens aan my doen?

Wat kan ñ mens aan my doen?

Nee nogals baie.

Ons het nogals die vermoeë om mekaar se lewe goed op te mors sonder om te blik en te bloos. Ons is soms skaamteloos in ons optrede en regverdig ons gedrag met slim argumente.

Wat kan ñ mens aan my doen - baie.

Voeg mag, geleerdheid, kontakte en geld agter dit, en jy sal dit voel as jy aan die verkeerde kant van dit beland.

Dan is daar die tong. "O my word"... As die ding eers begin klap sny dit alles stukkend.

Mense kan jou vernietig en kan ongenaakbaar wees en diep seermaak. Hulle kan en doen dit maklik.

Maar daar is een ding wat hulle nie kan steel en vertrap al gaan staan hulle ook daarop en trap dit vuil:

Opregtheid, eerlikheid, waarheid, deursigtigheid, lojaliteit, geloof, krag in God, verhouding met God, jou gees wat aan God behoord, Hy in jou lewe en jy in Hom.

Hulle kan die feit dat Hy jou Sy kind noem nie ontmaak en die feit dat jy Jesus Here noem en God Vader nie vertrap. Die feit dat Heilige Gees ñ krag is in jou lewe kan hulle nie vertrap.


Wees sterk in die Here. Jesus was ook bang en is vernietig deur mense maar Sy lewe en Gees kon hulle nie steel.

Hou vas al is jy bang en al buld die magte hulle spiere en al hanteer mense jou soms sleg.

En as jy die boelie is, hou op, dit maak seer en vernietig mense.

94 views0 comments

Recent Posts

See All

Omdat...

Comentários


bottom of page