Wie is ons?.
- Ds Cobus Jv Nieuwenhuizen
- Sep 3, 2019
- 2 min read
Wie is ons?
Wie is die mens Cobus, of Johan, Susan, Ina, Gert, Ans... wie is ons?
Wie is jy eintlik voor jy geword het wat jy nou is as mens?
In my lewe byvoorbeeld is ek baie dinge wat ek nie wil wees nie ~ is ek iemand wat ekself nie oor goed voel nie. Ek dien goeie goed maar daar is dinge wat ek baie sleg doen en handteer. Dinge wat ek kies om te wees vir welke rede ookal en dinge na wat ek gevorm is deur die gang van die lewe. Die feit is, die goed in my is wie ek bedoel was om te wees Ps. 139.
In watter karakter "operate" ek? Wie vorm daardie karakter? Speel ek toneel of is ek in karakter van wie God my geskape het?
Sien ons maak van die wil van God ñ wet en ñ saak van gehoorsaamheid. Hoe ons is en wat ons doen is ñ saak van "willens en wetens". Dit is ñ saak van heerskappy. Of God heers of ek heers.
Ons het almal die onderskeidingsvermoë tussen goed en sleg. Ons beoeffen elkeen ons eie keuse. Ons is verantwoordelik vir ons eie lewe en dade. Ons konsulteer of die bose of God?
Res volg
[08:09, 8/28/2019] Ds Cobus Van Niewenhuis: Is dit wat ek is aanneemlik heel eerste vir my, heellaas vir die Here?
Is wie ek is aanneemlik vir myself?
Wat regverdig my optrede en wie?
Is dit God of ekself?
Sou dit wat ek aan ander doen aanneemlik wees as dit aan my gedoen sou word?
Ons is so besig met bose buite ons dat ons die bose in onsself nie eers raaksien nie.
Wat maak ons ñ aanneemlike offer vir God?
Wat lig God vandag vir jou uit en sê; Cobus (jou eie naam), hierdie is nie reg in jou lewe... Wat kom God en sê vir jou; Ek wil hê jy moet kyk hierna in jou lewe... Ek wil dat jy hieraan aandag gee...
Wat is God se saak teen ons Ps. 50:4-7?
Wat is die balk in ons eie oog?
Dalk tyd geword om ñ goeie "recap" te neem op ons eie lewe en so bietjie minder na ander se doen en later te kyk. Aan die einde van als kyk God na jou en jou lewe alleen. Jy en ek is verantwoordelik vir ons eie andeel in die lewe. Voeg ons waarde by tot God se koninkryk of neem ons weg?
Oor die afgelope tyd moes ek leer om ñ "hardlook" te neem op myself en is ek en God besig met die proses ~ dit is nie maklik en lekker nie maar belangrik want Hy is vir my belangrik.
Die vraag is: is ek bereid om te verander na wat en hoe Hy my lei... Is ek bereid?
"It all boil's down to"... wie is ek werklik en wie is ek in Christus en Hy in my? Is ek afstootlik of aanneemlik ~ ñ mes wat beide kante toe sny. (Neem ek aan of stoot ek weg en is wie ek is aanneemlik of afstootlik?)
Wie is ek en wie en wat bepaal my?
Hoe meer God word in my lewe hoe minder belangrik sal die ek wees Joh.3:30.
Mooi dag.
Comentarios