wie sou vir hulle kind ñ giftige slang gee as geskenk...
- Ds Cobus Jv Nieuwenhuizen
- Sep 24, 2019
- 5 min read
Ek vra verskoning vir die lang dagstukkie... ek deel enkele gedagtes uit my gesprek met Vader vanoggend.
Ek wonder... wie sou vir hulle kind ñ giftige slang gee as geskenk... Of iets gee om te eet en drink wat tot hulle dood kan lei...
Oumas en oupas... ter loops ek kan nie wag om een te word... (my dogters moet nou nie idees kry - trou is nie perde koop; ek is lief vir jou my ou dingetjie en vergelyk my skat nie met ñ perd🐎)
Ek sit al van vroegdag want ek kan nie slaap... Het ek U verkeerd verstaan Here..? Dink jou dit in, jy het hierdie wonderlike feesmaal by jou huis, jy nooi almal... maar dan as jou kinders kom laat jy hulle buite sit...
Ek wonder oor baie goed vanoggend en doen so al vir 15 jaar en langer... vandat ek kan onthou al so.
Ek besef weer vir lank was my verhouding met agod gebou op vrees nie liefde. Nagmaal en doop was vir my vreesaanjaend...
Ek dink aan die oom wat vir 20 jaar nie nagmaal genruik het want hy was te sondig het hy gedink...
hy het in die kerk gesit tot die bediening en uitgestap. Vir jare was die genade nie vir hom. Het hy uitgesluit gevoel van die genade. En die ding wat hy verkeerd gedoen het volgens hom was iets kleins in die oë van die Here. Maar hy het nie deel gevoel weens iemand se interpretasie... selfs na hy lank daarmee gebreek het... (skuus my oom dat ek jou storie deel.maar my beker loop oor en my hart is vol)
Vir 20 jaar stap hy weg van die simbool van genade en liefde... kan hy nie sien Jesus het ook vir hom gekom...
Johannes sê: die doop wat hy bedien is nie syne; en by dit, hy doop met water en Hy wat na Hom kom, Sy medere, aan wie die doop behoort, doop met die Heilige Gees... (Joh.3) (ons maak die doop onssin met klomp reels en iets met water waarvan die diepte verskil???)
Paulus kom by geleentheid en sê wat ek ontvang het deel ek met julle en dan vertel hy die verhaal van Jesus en hulle gebruik die nagmaal (1 Kor.11).
Paulus verstaan aan wie behoort die nagmaal. Johannes verstaan aan wie behoort die doop.
Beide verstaan wie is hulle en wie is God. Hulle slaan ag op God se Heilige Gees. Hulle voer Sy opdragte uit.
Petrus sê dit is vir ins en ons kinders... 2000 jaar later nee Petrus jy het dit verkeerd...
Paulus verstaan wat is sonde, hy het immers gesterf met die doring steeds in sy vlees. Hy het as Saulus God en God se kerk vervolg. Gelaster teen God se Gees as Sualus... Hy weet wat hy bedoel met die woorde eat God in Su hart gelê het deur Heilige Gees in 1 Kor.11...
Nou dink ek weer aan die teks wat God aan my gegee het toe ek vra, Here vertstaan ek U verkeerd:
Elkeen wat vra, ontvang, en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word. Is daar 'n pa onder julle wat as sy seun vir hom 'n vis vra, vir hom 'n slang sal gee in plaas van die vis? Of as hy 'n eier vra, vir hom 'n skerpioen sal gee? (Lukas 11)
Ek dink ook aan Ps.103 ea. en dat verdienste nie kan nie red en dat ons niks het om op te roem..
Alles gedagtes uit die Woord.
Genade alleen...
Nou wonder ek, met die sakramente het God nou vir my ñ vis of slang gegee... brood of ñ klip om my dood te gooi... Ek wonder oor woorde soos onderrig tot verdienste...
Ek is deurmekaar... is die kruis simbool van redding vir almal en almal wat na Jesus kom en gebring word al verstaan hulle nie...
Ek wonder waaroor gaan die sakramente en waaraan wil dit ons herinner.
Ek wonder wat beteken die woorde van Lukas 10 en Markus 6 en op ander plekke... gaan maak mense my dissipels, doop hulle.. bedien hulle... sou u sê dit is kinders en sondaars ook.
Paulus en Silas in die tronk Hand.16... Ek wonder toe Paulus aanhuis van die bewaarder was, het hy die kinders uitgestuur en net die grootmense bedien...
Ek toe Jesus mense bedien het... almal welkom net nie kinders want hulle is klein en verstaan nie...
Ek wonder as ek tekste lees soos Markus 10:13-16 en ñ vraag vra soos; wie is die belangrikste in God se koninkryk, wat sou u antwoord?
Hoe het Jesus die diasipels geantwoord... het Hy nie ñ straatkind tussen hulle laat staan en gesê... hy is die belangrikste.
Vis of slang... wat dink u; is die brood wat Jesus ons mee voed eintlik toe ñ slang... en die kruis ñ simbool van genade en liefde of verwerping. En die wyn... is dit gif of getuig dit dat ons al is ons sindig in Sy bloed gedoop is.
Laat die kinders na my kom... armes, weduwees, wese... hulle is die belangrikste in God se koninkryk.
As Jesus bv. die nagmaal of doop vandag sou bedien by jou huis... sal almal welkom wees wat nou in jou huis is. Oupa en ouma sal julle julle kinders en kleinkinders na Jesus toe neem...?
Volgens die tekste en verdienste waar sal ek en jy in die ry staan sou daar vir my en my gesin plek wees aan die tafel. Sou jy die kinders en armes boor jou laat staan en sê gaan julle eerste...
Ons sing, ons is genooide gaste... Is dit almal of net party.
Vra vanoggend vir jou kind; wat beteken die namaal en doop en as hulle snaakse antwoorde gee, en nie weet wat dit beteken... lees Deut 6:4-10...
Ag wat... laat ek maar hier stop... Ek wonder Here, is daar vir my gesin en eendag my kleinkinders plek aan U tafel... is U feesmaal vir almal of trek ons ñ streep deur U genade met reëls van verdienstes. Is dit genade alleen of verdienste alleen. Ek wonder... God se verbond is dit met almal gesluit... en die verbondsmaal en die verbondsdoop?
Hoe oud was Samuel toe Hanna Hom by Eli afgelaai en hoe oud was ek toe God my geroep het... en Jeremia en Jesaja?
Sondag hardloop ñ dogtertjie van so 5 6 en gaan sit voor een van die baie kruise in ons gebou, by ñ waterfontein, aan die einde van die erediens, waar die verkondiging gegaan het oor om nader aan die brandebos te gaan staan en op heilige grond te kom en naser te beweeg aan die viur van God se Gees...Sy gaan kniel aan die kruis en ons sê hulle verstaan nie... Nie ouer as 6 jaar...
My dogter toe 6... vra my oor redding en voel ongered omdat ons dit sê by die nagmaal...
Laat ek nou liefs regtig stop voor ek goed skryf wat my nog verder in die moeilikheid gaan laat kom.
Dankie Here vir die gesprek vanoggend. Vergewe ons asb.
Ek sal U bly dien maak nie saak wat.
My hart is seer vanoggend.
Mooi dag.
Comentários