Wie van ons struikel en val nie soms
Wie doen nie soms iets verkeerd nie. Wie van ons struikel en val nie soms. Wie van ons vou nie soms onder druk of aan vleeslikheid.
Dit het my laat dink aan die teks onder in die prentjie en ook Ps.139:1-7, maar ook die onse Vader gebed:
“So moet julle bid: “Ons Vader wat in die hemel is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel. Gee ons vandag ons daaglikse brood; en vergeef ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree; en laat ons nie in versoeking kom nie maar verlos ons van die Bose
Matteua 6:9-13.
Bewaar my van stuikeling... laat my nie in versoeking kom nie... verlos my van bose.
Spreuke 9:12 en Ps.119:1-70 spreek van Goddelike wysheid wat Hy gee en wat ons met verantwoordelik moet opneem in ons bestaanslewe. Wysheid van God gee ons die vermoeë in die lewe te lewe om vangstrukke te vermy, te hanteer. En dat ons, God, Sy Woord, en Sy wil dag en nag sal oordink.
Dit is hoe Hy ons van struikeling bewaar van die versoeking weglei en van bose verlos... dit is hoe.
Maar soms gaan ons struikel en val en faal - maar wees van een ding seker, God ons Vader en Jesus ons Here en Heilige Gees struikel en val nie en sal ons nie faal. Laat ons lewe met oë gerig op Hom. Ek as jy verkeerd is of verkeerd handel of besig is met dinge wat kan tot struikeling lei, los dit. Hou op. Dit is nie God se wil.
Ek as jy klaar gestruikel het, loop maak reg en doen dit nie weer - dit is Jesus se opdrag. Moenie teestribbel nie. Kom weg van struikeling en laat ons in die Here lewe en Hy in ons.
Mooi dag.
Comments